Wilgewerf

Wilgewerf
Joni Maree / Sandra Maree
Contact No: +27 (0)72 374 7056
Contact No: +27 (0)72 460 1646
visit website
Address: Zuid str 4 Amersfoort 2490 Mpumalanga

ABOUT WILGEWERF

Wilgewerf simboliseer die tradisionele eienskappe in die kombinering van oud en modern. Vanaf die verouderde klipkrale met sy eiesoortige atmosfeer sien jy die wye horison van die Hoeveld. Geinspireer deur die geskiedkundige atmosfeer met sy moderne aanslag, voel ‘n mens dadelik tuis. Die interior van die groot kraal met sy landelike sjarme verwelkom die besoeker- eie aan Boere gasvryheid. Die groot saal by name Wilde-Vy kan met gemak 150 mense akkomodeer. Rondom die saal is nog kleiner ruimtes waar heerlik gekuier kan word. Met hierdie unieke struktuur is daar oneindig moontlikhede.

Die verandering van seisoene bring sy eie betowering. In die somer is daar die welige groen van die wilgebome, die grys donderweer- wolke. In die herfs blom die kosmosse uitbundig in verskeie kleure!. Dis die ideale agtergrond vir die skep van onvergeetike momente.

By Wilgewerf ervaar die besoeker die misterie van groot oop vure, heerlike wyn en lang intieme kuiers.

Ons glo dat kos mense bymekaaar bring. Daarom streef ons om onvergeetlike smake aan te bied. Deur gebruik te maak van plaaslike en seisoenale bestandele, gekombineerd deur die invloed van vervloe dae, ervaar elke gas aan tafel n gevoel van warmte in sy hart. Geregte soos “blesbok met ‘n pruim sous” of lam met n heuning -en rooibos glaseersel is maar n voorbeeld van soveel ander aanbiedings. Wilgewerf bied bekende disse aan, maar gekombineerd met ‘n passie vir unieke smake.

Ons glo dat ons ‘n besondere bydrae tot die skep van wonderlike herinnerings kan maak, sonder die hoofbrekens van n ontoereikende begroting. Met alles wat ons hier bied het Wilgerwerf die vermoe om mense te verinnig en die Lewe en Liefde te vier !.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Wilgewerf.
Have a comment regarding Wilgewerf? Submit a review using the form above.

  • SHARE WILGEWERF: