Olive Rock Wedding Venue

Olive Rock Wedding Venue
Simone & Nick Stanford
Mobile: +27 (0)83 461 02668
Mobile: +27 (0)72 0733 702
visit website
Address: White Bridge Farm, Wolseley, Ceres, South Africa

ABOUT OLIVE ROCK WEDDING VENUE

Nick en Simone Stanford nooi julle om hulle huis en venue te geniet vir julle spesiale geleentheid. Hierdie moderne en elegante gebou is gelee op ‘n plaas teen die voet van die Witzenberg Bergreeks met die Breerrivier reg op hul stoep. Hier kan jy jouself verloor in die pragtige atmosfeer terwyl al die reelings moeiteloos om jou afspeel. 

Terwyl shef Nick sorg vir ‘n onvergeetlike feesmaal sal Simone toesien dat alles van dag een stresvry en vlot verloop. Intieme seremonies word gehou in die pragtige versorgde tuine of op die groen rivierbedding. Dit word gevolg deur vriende en familie wat mekaar uitdaag met grasspeletjies terwyl hulle betower word met lewendige musiek en die beeldskone uitsig met sonsonder. Jy het ‘n keuse tussen ‘n opelug onthaal op ‘n soele somersaand of ‘n meer beskutte atmosfeer in ons Bedouin tent op koeler aande. 

Julle gaste van reg oor die wereld sal dit baie geniet om ons mooi Witzenberg Area te verken. Die area bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite van Ceres Zipline, Wynproee, Perderitte, golf and wandelpaaie langs die rivier en in die berg, alles wat jy kan verwag van ‘n bestemming trouvenue.  Daar is ook ‘n groot verskeidenheid akkommodasie in en om Olive Rock, van boorde tot berghange of mooi plekkies langs die rivier is daar vele beddens om van te kies. 

Nick en Simone is passievol oor mekaar, liefde en die lewe en sien uit na die geleentheid om jou sprokie troue te onthaal by Olive Rock Venue. Olive Rock is een van die beste venues slegs 90km buite Kaapstad en om die draai van die mooie Tulbagh vallei

GALLERY
FOLLOW OLIVE ROCK WEDDING VENUE

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Olive Rock Wedding Venue.
Have a comment regarding Olive Rock Wedding Venue? Submit a review using the form above.

  • SHARE OLIVE ROCK WEDDING VENUE: