Ander Tuinroete Venues

Mentors Country Estate

Mentors Country Estate
Githe-Meret Muir
Contact No: +27 (0)42 293 1142
Mobile: +27 (0)82 556 8967
Fax: +27 (0)86 205 2098

ABOUT MENTORS COUNTRY ESTATE

Mentors Landgoed is 'n klein stukkie hemel-op-aarde geleë 4 km noord van Jeffreysbaai. Ons unieke uitleg, oorvloed van oop ruimte en landelike omgewing maak ons die ideale bestemming vir jou droomtroue.

Die skep van herinneringe sal net so maklik wees as om 'n wandelroete op die weelderige grasvelde te maak en uit te kyk oor die skilderagtige uitsig. Dit is werklik 'n fotograaf se droom met die natuur agtergrond in elke hoek.  

Mentors Landgoed is spesifiek ontwerp vir troues, funksies en konferensies, en is die enigste van sy grootte aan die kus tussen Plettenbergbaai en Port Alfred. Ons het verskillende venues om van te kies en ons klipkapel, met pragtige antieke deure en kleurryke loodglasvensters, sal bydra tot 'n romantiese troue gevul met liefde en vreugde.

Ons hoof sjef, Ian Nie-Page, is bekend vir sy ervaring en kennis in kookkuns. Laat hom toe om te help met die voorbereiding van die perfekte spyskaart vir jou spesiale geleentheid. Mentors Landgoed bied nie net een van die beste trou venues in Jeffreysbaai nie, maar ook 'n groot verskeidenheid akkommodasie in ‘n vriendelike en veilige omgewing vir klein of groot gesinne en selfs groot groepe. Die landgoed is gerieflik geleë in die nabyheid van die gholfbaan, tennis- en muurbalbane, rolbal bane, die legendariese Blue Flag Dolphin Beach en die wêreldbekende Supertubes.

Githe-Meret Muir en Melanie Kilian, ons trou koördineerders, is ten alle tye beskikbaar om jul te hulp te wees om jul troudag-drome ‘n werklikheid te maak. Kontak gerus vir Githe of Melanie vir enige verdere inligting.

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Mentors Country Estate.
Have a comment regarding Mentors Country Estate? Submit a review using the form above.

  • SHARE MENTORS COUNTRY ESTATE: