
L’Avenir, wat ‘toekoms’ in Frans beteken, bied ’n eksklusiewe ligging en geriewe vir ’n stylvolle troue in die wynland. Hierdie historiese wynlandgoed is geleë buite Stellenbosch en spog met splinternuwe fasiliteite en uitsigte om van te droom. Met ’n 11 luukse verblyfeenhede, die spoggerige Pinotage sitkamer en verskillende opsies vir waar die trouseremonie kan plaasvind, sal L’Avenir verwagtinge oortref. Een van die grootste trekpleisters is die prentjiemooi tonele op die plaas, wat ideaal is vir fotografie.
Die Leopard’s View uitkykpunt, L’Avenir tuine en dek wat uitkyk oor twee damme is ideaal vir kleiner troues, terwyl die Single Block fasiliteit tot 100 gaste kan akkommodeer. Ons ervare span bied gemoedsrus deur onberispelike diens en spyseniering uit die boonste rakke. En gepraat van boonste rakke – L’Avenir se wyne is opsigself iets om op verlief te raak!
There are currently no reviews for L'Avenir Wine estate and Function Venue.
Have a comment regarding L'Avenir Wine estate and Function Venue? Submit a review using the form above.