Everwood Country Weddings

Everwood Country Weddings
Vanessa Cooper
Mobile: +27 (0)83 384 5002
Fax: +27 (0)86 513 8201
visit website

ABOUT EVERWOOD COUNTRY WEDDINGS

 

Het jy die mens van jou drome ontmoet?  Is die twee van julle opsoek na die perfekte plek om jul ewige trou aan mekaar te beloof?  By Everwood Country Weddings kan ons ervare span help om jul sprokiesdag te ontwerp, sonder om die bank te breek!

Everwood is ʼn intieme tuinlandgoed in Muldersdrift wat weelderigheid met die eenvoudige plesiere van die platteland kombineer.  Ons kan groepe van verskeie groottes huisves, terwyl ons jul begroting akkommodeer.  ʼn Groep van 100 gaste, byvoorbeeld, kan ʼn feestelike middag of aand vir minder as 45k geniet.

 Met ons pragtige oop-sy, glas-fassade kapel, omring met groot groen grasperke onder die skadu van Jakaranda, Caffra en Dennebome, sal jul dag ʼn onvergeetlike ervaring wees.  Ons basiese pakket sluit verfrissende verwelkomingskelkies in die tuin gevolg deur ʼn heerlike driegang maaltyd, vonkelwyn en ʼn dekadente kolwyntjietoring in die elegante gedrapeerde  banketsaal in.  Verder bied ons linne, servette, dekor, blomme en professionele platejoggie.  Om die beste dag van jul lewe af te sluit, het ons ʼn pretjiemooi bruilofskamer beskikbaar, geleë in die bouval van die oorspronklike plaashuis.

 Hierdie spesiale tarief pakket is vir Vrydae en Sondae in 2019 beskikbaar.  Hoekom moet mens ʼn fortuin spandeer?  Spaar ʼn sent met die bruilof en belê in jul wittebrood en nuwe lewe saam, terwyl ons help om julle spesiale dag niks minder as perfek te maak nie

 

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Everwood Country Weddings.
Have a comment regarding Everwood Country Weddings? Submit a review using the form above.

  • SHARE EVERWOOD COUNTRY WEDDINGS: