Charm & Perfection Planning

Charm & Perfection Planning
Charmaine Pretorius
Contact No: +27 (0)71 563 7403

ABOUT CHARM & PERFECTION PLANNING

Huweliks- en Okkasie beplanningsdiens gebaseer in Kaapstad in die Westelike Provinsie wat daarna streef om Sjarme en Perfeksie op 'n daaglikse basis te laat geskied.  Met meer as 15 jaar ondervinding in die Huweliks- en Korporatiewe Bedryf, glo ons dat elke droom haalbaar is en gaan uit ons pad om te verseker dat dit altyd gebeur.   Ons wil verseker dat die toeloop tot enige geleentheid vir jou sonder stres moet wees en jy die versekering kry dat  'hierdie geleentheid word vasgevat!!

Ons werk nou saam met ons kliente om te verseker dat die beplanning persoonlik, uniek en perfek is en in lyn met hulle verwagtings en begroting.

Charm & Perfection bied 'n verskeidenheid Koordinerings- en Beplannings pakette aan vir elke geleentheid wat gevier moet word – of jy nou een persoon is  wat alles onder beheer het en slegs op die belangrike dag 'n helpende hand verlang om te sorg dat alles glad verloop en enige los drade op te tel en/of jy ons hulp benodig van die begin af om jou droom geleentheid te bewaarheid!  Ons is altyd daar om jou die 5 ster diens wat jy verdien, aan te bied.

Die lewe is vol Wonderlike en Spesiale geleenthede wat gevier moet word en sommige oomblikke kos bietjie meer as ander – so kontak Charm & Perfection om toe te sien dat jou kosbare begroting reg spandeer word!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Charm & Perfection Planning.
Have a comment regarding Charm & Perfection Planning? Submit a review using the form above.

  • SHARE CHARM & PERFECTION PLANNING: