Wessels & van Zyl Inc

Wessels & van Zyl Inc
Contact No: +27 (0)12 342 0006
Fax: +27 (0)12342 0068
visit website

ABOUT WESSELS & VAN ZYL INC

Ons prokureurs by Wessels & van Zyl Ingelyf is toegerus met jare se ondervinding en sal jou en die liefde van jou lewe graag wil bystaan met die optrek en verlyding van julle huweliksvoorwaardekontrak. Ons glo ‘n behoorlike huwelikskontrak stel die hoekstene van 'n suksesvolle huwelik. Die huweliksvoorwaardekontrak bepaal nie net hoe jy met derde partye kontrakteer nie, dit  dikteer ook jou finansiële toekoms na die huwelik en dit bepaal hoe jou bates verdeel sal word by egskeiding of by dood. Ons bied 'n volledige diens aan plaaslike en buitelandse paartjies, wat die voorbereiding, notering en registrasie van die huweliksvoorwaardekontrak insluit. Kom ons help julle besluit watter soort huwelikskontrak die beste by julle omstandighede pas.

 Nog ‘n regsaspek wat belangrik is om te oorweeg is jou testament. ‘n Testament is 'n regsdokument wat 'n persoon se boedel reguleer na sy of haar dood. Ons beveel sterk aan dat paartjies, gelyktydig met die registrasie van hul huwelikskontrak, 'n testament moet verly. In 'n poging om ons kliënte te help, stel ons die testament op  teen geen addisionele koste.

 Kontak ons nou om ‘n afspraak te maak!

GALLERY

Videos

Location / Map

Submit A Review


NO REVIEWS

There are currently no reviews for Wessels & van Zyl Inc.
Have a comment regarding Wessels & van Zyl Inc? Submit a review using the form above.

  • SHARE WESSELS & VAN ZYL INC: