Slim “Selfies” { Foto Wenke }

slim-selfies

Die “selfie” het geen bekendstelling nodig nie! Met die gier wat deesdae oral opslae maak, is daar geen twyfel dat jou gaste ‘n selfie of drie op jou troudag gaan neem nie. So moenie laat hulle vir jou ore aansit nie – hier is ‘n lysie selfie-oomblike wat jy gerus kan vasvang:

  • Terwyl jy en jou strooimeisies gereedmaak vir die troue.
  • Saam met jou ma, wanneer sy die sluier op jou kop sit.
  • In die bruidskar, oppad na die seremonie.
  • Saam met jou pa, net voordat hy jou by die kerkpaadjie af vergesel.
  • Voor die kansel, saam met jou nuwe man, en met al julle vriende en familie in die agtergrond.
  • ‘n Gesteelde soentjie oppad na die onthaal.
  • Saam met julle hele gevolg – strooimeisies, strooijonkers, en so aan – in een selfie in geprop.
  • Net voordat julle die koek sny.
  • Saam met die seremoniemeester, voor jy jou toespraak maak.
  • Die oomblik voor jy jou bruidsruiker gooi, en al jou enkellopende vriende agter jou gereed staan.
  • “Behind the scenes” selfies terwyl julle op jul fotosessie fort is.

Hou egter in gedagte dat die druk van gedurig “selfies” neem jou aandag van die troudag kan aflei, en veroorsaak dat jy nie alles eerstehands kan ervaar nie. Beperk jouself dus tot ‘n paar selfies en sit die foon tussen-in weg of gee dit vir een van jou strooimeisies om te bewaar.

Verder moet jy ook onthou dat nie alle gaste noodwendig gemaklik met die self-gier is nie, so wees versigtig dat jy nie onnodig druk op jou gaste plaas nie.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category