Liezel en Michiels – Die Woud Verlowing

die-woud-verloving-01

Ek en Michiel het mekaar ontmoet in April 2010.  Te danke aan die sosiale netwerk in vandag se tyd het ons ontmoet via Facebook.  Michiel en ek was in dieselfde Hoërskool, maar hy was bietjie ouer as ek so ek het hom van geen kant af geken nie.  Ons het toe sowat ‘n maand lekker gesels op die netwerk Facebook net om bietjie meer van mekaar te leer ken.  Toe vra Michiel my uit op die eerste “date”/afspraak.  Ons eerste afspraak/ontmoeting was soos “love at first site”/liefde op die eerste oogslag.  Michiel het my vir ‘n lekker ete bederf in Nelson Mandela Square.  Ons twee het dadelik “geclick”.  Hy was vir my ongelooflik aantreklik, spontaan, vriendelik, liefdevol en mens kon sien hy het ‘n hart van goud.

Dinge het net goed gegaan, ons albei was hals oor kop verlief dit het gevoel asof ons in ‘n sprokies wêreld leef.  Michiel het toe op die dag van 8 Mei 2010 my die kys gevra/uit gevra.  Michiel was romanties genoeg en het op een knie afgegaan en my gevra of ons in ‘n vaste verhouding kan wees.  My droom het waar geword en ek het ‘n ongelooflike man ontmoet.

Na ‘n hele paar opwindende maande in die verhouding, het Michiel my na verskeie plekke geneem vir vakansie en om lekker weg te breek vir naweke, want albei van ons is avontuurlustige mense ons hou baie van rondrits, kuier en nuwe plekke sien en besoek. Na verskeie vakansies het Michiel ons bietjie see toe geneem vir ‘n lekker week van vakansie aan die Noord-kus.  Die vakansie plek was genoemd Mtunzini Forest Lodge, naby Richardsbaai.  Dis een van die mooiste plekke om een te wees met die natuur, net ons twee, die sonlig, see en lekker skoon varslug.  Michiel het op die dag van 1 November 2011 besluit ons gaan op ‘n staproete deur die woud tot op die privaat strand. Ons het soos twee verliefde duifies hand aan hand geloop op die strand en mekaar se gesels skap geniet. Ewe skielik Michiel en sy romantiese self het op een knie afgegaan en ‘n blou boksie uitgehaal uit sy sak uit.  Die volgende oomblik sien ek ‘n pragtige verloofring en toe vra Michiel my om te trou.  My hart het in my skoene gesak, ek het begin huil en toe skreeu ek ja van blydskap.  Ek was op daardie oomblik in my lewe die gelukkigste vrou op aarde.  Ek het my trouman gevind en ek kan nie wag om eendag Mev. Pretorius te word nie.

Fotografie: Andre Sonnekus het hierdie pragtige fotosessie aan ons gestuur:

verlowing-06

verlowing-02

verlowing-03

verlowing-04

verlowing-05

 


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category