Elizca en Dewald { Liefde in die Boland }

Sonskyn, lentebloeisels en ‘n verliefde paartjie… dit kan mos net pragtige foto’s tot gevolg hê! Christene de Coning het hierdie pragtige fotosessie aan ons gestuur.

Meer oor die aanstaande bruid:

Elizca is 26 jaar oud, die finansiële bestuurder van Jenni Button en woon tans in Durbanville. “Dewald het my gevra om met hom te trou! Ons kan nie wag om ons lewe saam te begin nie.”

Meer oor die aanstaande bruidegom:

Dewald is 26 jaar oud,  ‘n oudit bestuurder by CAP Chartered Accountants en woon in Durbanville. “Ek en Elizca is al 5 jaar saam en die tyd was net reg om verloof te raak… ek is baie lief vir haar.”

Hoe het julle ontmoet?

“Snaaks genoeg was ek en Elizca saam op hoërskool by Stellenberg en het saam geswot by die Universitieit van Stellenbosch… maar dit was eers in ons derde jaar van swot, nadat ons by ‘n funksie van ons toekomstige werkgewer was, wat Elizca my oog gevang het en my hart gesteel het.”

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

“Net kort van 5 jaar.”

Vertel ons van die verlowing.

“Dewald het vir my ‘n ‘surprise’ picnic gereël by Nitida in Durbanville, waar ons langs die dam voor die wingerd op ‘n kombers en paar kussings gesit het, champagne gedrink (Dewald natuurlik meer as ek vir die senuwees…) en ietsie geëet het. Toe gaan hy op twee knieë en toe… wel julle weet!”

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

“Ons het omtrent binne ‘n week ‘n datum gehad, en binne twee weke ‘n venue. Na die eerste maand was amper als gereël, van die kos tot die fotograaf. Ons het maar vining gemaak, want ons wou nie uit mis op ‘n persoon of venue omdat ons te lank geneem het om te besluit nie. Ons wag ook al so lank om te trou, so ons het sommer vinnnig aan die werk gespring en begin reël.”

Vertel ons ‘n bietjie meer van jul fotosessie.

“Die verlowingsessie was ‘amazing’! Soveel meer as wat ons voor gehoop het of verwag het. Christene het regtig vreeslik baie moeite gedoen, ons laat lag en ons gemaklik laat voel voor die kamera. En haar foto’s is ‘stunning’!”

“Ons het saam met Christene beplan om tussen die bloeisels in Stellenbosch foto’s te gaan neem. Op die eerste datum wat ons die fotosessie beplan het, het dit gereën en moes ons uitstel.”

“Maar Christene was meer as bereid om te herskeduleer en die weer en bloeisels was op die dag perfek en ons is baie dankbaar dat als so mooi uitgewerk het.”


  • Suzanne Kotzé

    Julle is die perfekte paartjie, Elizca en Dewald…ek is so bly om die liefde wat julle vir mekaar het, uit die foto’s te sien straal! Kan nie wag vir die troue nie..dan is jy amptelik deel van ons Dewi :) pragtige foto’s, ongelooflike mooi bride-and-groom-to-be!

  • Rita

    Oulik sy het n’ pragtige smile

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category