Kategorie: Temas

Suid, Wes, Oos Bes { Chinese Tema }

As dit by feesvierings kom is daar min kulture wat by die Chinese kan kersvashou – dink uitspattig, vrolik en kreatief, dog steeds eenvoudig en stylvol. Jy hoef egter nie van Chinese afkoms te wees om jou troue in tipiese Chinese styl te vier nie! Hier is ‘n paar idees om die kreatiewe spiere in rat te kry.

Fortuinkoekies: Raak kreatief met hierdie oulike Chinese bederfies! Laat bak vir elke gas sy eie unieke koekie met sy tafelnommer, ‘n dankie-sê briefie, ‘n uitdaging of sy “toekoms” op die papiertjie gedruk.

Kleredrag: Die “qipao” is ‘n tipiese Chinese rok wat gekenmerk word deur sy hooggesnyde kragie, fyn detail, besonderse snit en delikate knopies. Kies een of twee van hierdie elemente en maak dit deel van jou strooimeisie- of trourokontwerpe, of vat die tema kop toe en laat maak vir jou of jou strooimeisies ‘n “qipao” – ongelooflik vleiend aan die regte figuur.

Wegneemete-boksies: Hierdie kenmerkende Chinese boksies is ideaal om koekies, sjokolade of ‘n potplantjies in te pak vir gastegeskenkies, of om jou konfetti in te verpak. Jy kan ook ‘n groot lekkergoed- of pasteitjietafel hê waar gaste hul boksies propvol lekkernye kan stop. [Beskikbaar by meeste skryfbehoefte- en verpakkingswinkels.]

Lanterns: Skep ‘n feestelike atmosfeer deur dosyne ronde Chinese lanterns uit die dak, bome of vensters te hang. Vir ‘n aandtroue, steek saammet jou aanstaande ‘n vuurlantern aan en stuur dit in die sterreruim in as ‘n simbool van julle nuwe lewe wat saam begin.

Chinese skrif: In plaas van nommers, ken aan elke tafel ‘n Chinese simbool toe. Gebruik oor hierdie interessante karaktertjies in jou dekor, op die uitnodigings, op die programme, op die mure en om jou troukoek mee te versier.

Tafels: Lae tafels met kussings en kerse skep ‘n fantastiese ontspanne atmosfeer. ‘n Ander opsie is om eenvoudige vierkantige of ronde donkerhout tafels te gebruik (sonder tafeldoeke) en ottomans of eenvoudige stoele om dit te pak. Hou die meubelstukke eenvoudig en maak eerder jou versierings meer uitspattig.

Chinese waaiertjies en sambreeltjies: Pragtig as versiering, gastegeskenkies (veral op ‘n warm dag), as deel van die dekor en in plaas van ‘n bruidsruiker.

Draakmotiewe: ‘n Móét vir ‘n tipiese en treffende Chinese troukoek! Boonop simboliseer die draak vreugde en vrugbaarheid.

Blomme: Die “cherry blossom” is kenmerkend van die Ooste – gebruik dit in jou troukoekontwerp, uitnodigings, rangskikkings en dekor. Kies verder orgidee, peonies en lelies ( wat blydskap en feesviering simboliseer) en vermy wit rose – in Chinese tradisie word dit met begrafnisse en hartseer geassosieer.

Bamboes: Versier jou tafels met bamboesplekmatjies en kombineer stukke bamboes met blomme vir jou tafelrangskikkings.

Eetstokkies (“Chopsticks”): Natuurlik vir etenstyd, maar ook vir jou en jou strooimeisies se hare – maak ‘n bolla en steek twee stokkies daardeur vir ‘n glansryke Chinese styl.

Kos: Fortuinkoekies, sushi, noodles, varkstukkies, “spring rolls” en stroopsoet “bow ties” – om maar net ‘n paar te noem.

Porselein: Snuffel in tweedehandse- en antieke-winkels vir fyn porselein koppietjies om tee in te bedien – as jy die kenmerkend wit porselein met die blou detailtjies in die hande kry is dit ‘n bonus!



Soortgelyke artikels:

6 Aanmerkings op Suid, Wes, Oos Bes { Chinese Tema }

  1. Bernice says:

    Dit is sooo mooi!

  2. AMORI says:

    Ek was nog altyd mal oor Chinese temas. Baie mooi.

  3. Cindy says:

    Mooi!

  4. Jannie says:

    Fortune cookie for life

  5. Reline says:

    Looooove die sushi idee!!!

  6. Lizelle says:

    Oorspronlik

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>