Sneeuvlokkies { ‘n Winter Sprokie }

snow

Elke bruid wil ‘n unieke troudag hê, en as mens mooi daaroor na dink: Wat spel “uniek” beter uit as ‘n sneeuvlokkie? Sneeu is romanties en het ‘n sprokiesagtige karakter omtrent dit waarby min motiewe en patrone kan kersvashou, en so is dit dus die ideale toevoeging tot enige feetjie-agtige troudag.

Net omdat ‘n wintertroue in die sneeu miskien nie realisties is nie, beteken dit nie jy hoef hande in die hare te sit nie. Deur bloot met getekstureerde materiale en papier rond te speel, kan jy ‘n sneeuvlokkie-wonderland skep wat gaste se asems sal wegslaan. Verder kan jy ‘n toepaslike kleurskema skep uit skitterwit, ligte grys, tikkies ligblou en skitterende silwer aksente, en van sprokiesagtige beligting gebruik.

Hier is nog ‘n paar idees om die sneeuvlokkie-tema te vervolmaak:

  • Hang groot lasergesnyde sneeuvlokkies uit die dak en strooi kleiner papiervlokkies op die gastetafels en vloer.
  • Kies sneeuvlokkie-vormige konfetti stukkies en hang ‘n “glitterbomb” oor die dansvloer wat blinkertjie-sneeu oor julle koppe kan strooi gedurende die eerste dans.
  • Bedien sneeuvlokkie soetkoekies asook ‘n skitterwit klapperbedekte troukoek en lekkernye soos wit klapperys, tuisgemaakte malvalekkers en ystervarkies.
  • Voeg glinsterende wit en diamant juweliersware by jou troudag-ensemble en wees op die uitkyk vir sneeuvlokkie haarknippies, oorbelle en skoenversierinkies.
  • Werk die sneeuvlokkie-motief by die skryfbehoefte-ontwerpe in, hetsy deur lasergesnyde papier te gebruik of ligte vlokkies op die papier te laat druk.
  • Rond die strooimeisies en -jonkers se uitrustings met vlokkie-geïnspireerde rosette af en gebruik ook díe lint versierings as deel van die dekor.

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category