Sag soos Swanesang { Skone Elegansie }

swan-trou-tema

Swane is die epitoom van romanse en elegansie, en beeld die tipe glans en majestie uit wat nog altyd met die troudag gepaard gegaan het. Daarom is dit belangrik om nie net inspirasie uit die swaan se fisiese voorkoms te put nie, maar ook die kalm en grasieuse karakter van díe skone skepping om so die perfekte swaan-toneel te skep.

Hier is ‘n paar idees waarmee jy gerus meegesleur kan word:

  • Vere gaan sonder twyfel ‘n groot rol in die tema speel, so gebruik dit as motief en versiering in jou skryfbehoefte-ontwerpe, en werk ook egte swaanvere by die blommerangskikkings, juweliersware en knoopsgatruikers in.
  • Wanneer dit by die vermaak kom, nader ‘n groep ballerinas om ‘n gedeelte uit die gewilde Swan Lake op te voer, en gebruik ook klassieke liedjies uit die musiekspel regdeur die troudag.
  • Keramiek swane maak die allermooitste tafelversierings en as jou boonop jou hande op mini swaan-ornamentjies kan kry, is mannetjie-vroutjie koekversierings iets van die verlede!
  • Versier die gastetafels met lasergesnyde papierswane en hang dit ook uit die dak, teen die mure en vanaf die kandelare.
  • Kies ‘n uitspattige geveerde trourok of kikker ‘n eenvoudige dog elegante rok met Swan Lake geïnspireerde bykomstighede op – byvoorbeeld ‘n geveerde haarfasineerdertjie of treffende veer-handsakkie. Die ander opsie is natuurlik om ‘n rok soos die elegante Bella Swan te dra!
  • Vou die servette soos swane en versier die tafels en venue verder met origami swane. Ons is veral dol oor die idee van lang stringe papierswane wat uit die boomtakke hang!
  • Rond die buffet-tafel met ‘n klassieke en elegante swaan ys-standbeeld af of ‘n treffende swaan-vormige fonteintjie.
  • Bederf gaste met mini swaan-vormige sjokolades of sjokolade truffels wat soos “swaan eiers” lyk.

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category