Piekniek met Pizzazz { Speels + Stylvol }

Vir party mense beteken ‘piekniek’ plat op die grond sit en ‘n ewige gesukkel om uit wankelrige papierborde te eet. Moet jou egter nie blindstaar teen die banale nie – ‘n piekniektema kan lag-lag aangepas word om so stylvol, speels, antieksjiek, rustiek of elegant te wees as wat jou hart begeer. Boonop is daar min dinge so romanties soos ‘n somerspiekniek onder die sterre met feëtjieliggies wat blink in die bome.

  • Hou die dekor en versierings eenvoudig.  Strooikussings, fyn vars blommetjies in glasflessies,  vlaggies en Chinese lanterns is klaar genoeg om ‘n ligte feestelike atmosfeer te skep. Maak jou eie blompotjies uit ou blikkies, hang glasbotteltjies aan toue met ‘n enkele blom in elk of rangskik sonneblomme in ou gieters vir ‘n meer rustieke ambians.

  • Pak vir elke tafel/kombers/paartjie ‘n piekniekmandjie vol lekkernye soos kase, smere, brode, slaai, gourmet toebroodjies, koekies, tuisgemaakte pasteitjies en flessies lemonade. Jy kan ook vir elke gas ‘n eko-vriendelike, weggooibare hout eetgerei stelletjie insit.
  • In plaas van mandjies, kan jy ‘n buffet-tafel prakseer uit ‘n groot houtblad en houtvaatjies of –bokkies. Gaste kan dan hul eie broodjies, slaaie en lekkernye kies en in bruin papiersakkies en eko-vriendelike wegneemhouertjies pak.
  • Nie alle gaste is dalk genoë met die idee van platsit op piekniekkomberse nie. Maak dus seker jy het ‘n verskeidenheid sitareas – piekniektafels, opvoustoeltjies, dalk ‘n rusbank of twee en piekniekkomberse met groot koffers/lae tafeltjies en kussings.

  • Voeg tradisionele piekniek elemente by jou onthaal asook jou seremonie: Bring tikkies rooi-en-wit check by jou kleurskema in, byvoorbeeld in jou blommemeisies se haarbande, die tafeldoeke, strikkies om die messegoed en ruikers, ens. Vir ‘n meer kleurvolle effek, speel met check patrone in verskillende kleure, soos wit-enblou, -groen, -geel, noem maar op.
  • Plaas bean bags en kussings die hele wêreld vol en span hangmatte in die bome waar gaste hul skoene kan afskop en ontspan.
  • As jy ‘n laatmiddag/aandtroue beplan, huur ‘n losstaande dansvloer en speel lekker lewendige dansmusiek. Span stringe feëtjieliggies kruis-en-dwars oor die vloer vir ‘n sprokiesagtige ambians.
  • ‘n Buitelug fliek verskaf heerlike vermaak en kan baie romanties en feestelik wees.
  • Hang swartbordjies die wêreld vol en skribbel dit vol met spesiale aanhalings, tafelnommers, spyskaarte, en wat jy okal aan kan dink.
  • Plaas halwe houtvaatjies, sinkbaddens en blikemmers die hele wêreld vol en pak dit vol vars vrugte of ys en drinkgoed (soos gemmerbier, lemonade, ystee en bier).

  • In plaas van ‘n tradisionele troukoek, gebruik ‘n koekstaander met baie lae en laat bak groot pasteie wat mooi netjies op elke laag pas – van appel en perske, tot bloubessie, konfyt en roompasteie.
  • Gee vir elke gas ‘n groot sonhoed, kruisbande of ‘n helderkleurige sonbril as gastegeskenkie, of bederf hulle met tuisgebakte koekies, klein emmertjies aarbeie of fudge. As jy ‘n aandtroue beplan, kan jy vir gaste kniekombersies, sjaals of serpe gee om hulle warm te hou.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category