Ou Ryperd { Motorfiets Tema }

moterfiets-tema

Ons almal ken daardie fliek-oomblik waar die meisie haar arms om die kêrel se middellyf vou en hulle die langpad vat met die son wat in die agtergrond sak. Of dit nou díe romantiese gedagte of jul gedeelde liefde vir ysterperde is wat die inspirasie agter díe temakeuse is, ‘n motorfiets troue is gewaarborg om gaste aangenaam te verras en hul adrenalienvlakke ‘n skop te gee.

Ons is veral dol oor die kontraste wat met hierdie tema gepaardgaan – dink swart leer teenoor sagte wit kant en blink metaal gekombineer met fyn blommetjies. Kom ons laat rol met nog ‘n paar idees:

  • Werk die bekende Harley Davidson kenteken by die skryfbehoefte en troukoek ontwerpe in.
  • Arriveer op ‘n motorfiets in plaas van in ‘n tradisionele troukar, en gooi vir manlief die sleutels as jy by die paadjie afstap sodat hy na afloop van die seremonie die lysels van die ysterperd kan oorneem. ‘n Ander alternatief is om ‘n vintage vespa of motorfiets met ‘n sy-karretjie te huur.
  • Skep ‘n treffende bruids-voorkoms deur jou elegante wit trourok met ‘n leer motorfiets baadjie af te rond en oorreed vir manlief om ook sy kerkbaadjie vir ‘n leernommertjie te verruil.
  • Maak van nagemaakte “wielmerke” op die grond gebruik om die paadjie van die seremonie na die onthaalvenue aan te duie, asook ander belangrike areas soos die badkamers of kroeg.
  • Indien jy kinders by die troue gaan hê, vermaak hulle deur klein speelmotorfietsies beskikbaar te stel waarop hulle al te lekker kan rondrits.
  • In plaas van kamerjasse, laat maak “Meneer en Mevrou” motorfiets kopskerms en vra die strooimeisies en jonkers om boodskappies daarop skryf om dit ekstra spesiaal te maak.

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category