Meksikaanse Fiesta { Geurvol + Kleurvol }

meksikaanse-fiesta

Net soos ‘n piñata is ‘n Meksikaanse fiesta ‘n ontploffing van alles wat wonderlik is – kleur, pret, geur en musiek! Díe Spaanse viering draai om goeie tye saam met goeie mense, so die idee is om altyd die praktiese aspek eerste te plaas en styl tweede.

Kos sal sonder twyfel ‘n groot rol speel! Bo en behalwe chilli poppers en enchiladas, is ons gaande oor die manier waarop doen-dit-self karakter van Meksikaanse disse en die feit dat jy dit sommer met die hand kan eet. Dit is dus ‘n uitstekende idee om kosstasies (byvoorbeeld nachos en quesidillas) op te stel waar gaste hul eie maaltyd aanmekaar kan slaan.

  • Verwelkom jou gaste met heerlike margaritas en stel die heildronk met ‘n skeutjie tequila in.
  • Sluit Spaanse gesegtes in jou dekor en skryfbehoeftes in – byvoorbeeld as name vir die verskeie tafels of liefdeswoordjies in die program.
  • Hang ‘n hart-vormige piñata bo die dansvloer wat julle saam kan moker (in plaas van troukoek sny).
  • Dra helder en vrolike blomme in jou hare, en kies ‘n kantrok met ‘n sensuele snit.
  • Vetplantjies is ‘n moet, en bederf gerus jou gaste met mini tequila stelletjies – kompleet met sout en suurlemoen – as gastegeskenkies.
  • Huur ‘n Spaanse kitaarspeler om die vermaak te verskaf, en oorweeg dit om jou opwagting op ‘n perd of donkie te maak.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category