Jy’s my Wêreld! { Vintage Aardbolle }

jy-is-my-wereld

Onthou jy nog die aardbol in die Aardrykskundeklas? Die versoeking om dit te draai was altyd net ‘n bietjie te groot! Dit is die tipe nostalgie en die belofte van ‘n splinternuwe lewensreis wat die aardbol ‘n perfekte toevoeging tot die troudag maak!

Versamel aardbolle van veskeie groottes en kleure, en spring aan die werk:

  • Plaas die aardbolle op die tafels as versiering! Indien jy nie jammer is vir die aardbol nie, maak ‘n gat in die kant en rangskik blomme in die bal.
  • Boor gaatjies in die aardbol en plaas ‘n kers of liggie in die middle vir ‘n ongelooflike dekor-stuk.
  • Gebruik ‘n aardbol as ‘n alternatiewe gasteboek en verskaf ‘n verskeidenheid penne waarmee gaste hul boodskappies daarop kan skryf.
  • Speel rond met ‘n aardbol gedurende julle fotosessie, en dink sommer aan al die plekke wat julle saam sal wil besoek noudat julle getroud is.
  • Hang aardbolle uit die dak en in die bome!
  • Gebruik klein aardbolletjies as naamkaartjies of gastegeskenkies, en plaas sommer ook een bo-op die troukoek.
  • Draai ronde sjokolade truffels in groen en blou foelie toe, en plaas dit op die nageregtafel.
  • Laastens kan jy gerus van wêreldkaarte gebruik maak om die aardbol tema te komplementeer.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category