‘n Sopie Sop { Warm Winter Idees }

troue-sop-idess

Sop is nou seker nie juis heelbo aan meeste bruide se “heerlik en begeerlik” spyskaart wenslysie nie, maar deesdae is daar soveel interessante en smullekker maniere om dit voor te sit, dat jy dalk twee keer sal wil dink voor jy ander pad kyk.

Met winter wat nou vierkantig op die drumpel staan, kan jy gerus die volgende ryk en romerige idees vir jou groot dag oorweeg:

  • Stel ‘n sop-stasie op waar gaste uit ‘n wye verskeidenheid tuisgemaakte soppe kan kies en proe, asook aan allerhande varsgebakte brode van regoor die wêreld kan smul.
  • In plaas van mengeldrankies en canapés, bedien mini sopkelkies (koud of warm) met gesmelte kaasbroodjies en bros broodstokkies daarby.
  • Ons is gaande oor die idee om die sop in sy eie oorspronklike “bakkie” te bedien – byvoorbeeld ‘n ryk botterskorsie-sop in ‘n uitgeholde pampoentjie of geroosterde pikkantrissie-sop in ‘n uitgeholde soetrissie.
  • Sjampanje kan dalk die tyd van die jaar ietwat ysig op die tong wees, so hoekom nie eerder die heildronke met warm sopkelkies instel nie?
  • Stel ‘n wegneem-tafel op waar gaste aan die einde van die aand ‘n koppie warm sop vir die pad kan vat, waarvan hulle dan sommer die beker as gastegeskenkie kan hou.
  • ‘n Heerlike dog eenvoudige opdien-metode: Balanseer mini kaasbroodjies of rolletjies oor ‘n beker sop deur ‘n sosatiestokkie deur die broodjie te steek.
  • Bederf gaste met ‘n klein mandjie of flessie propvol vars sop bestanddele, asook jul gunsteling resep daarby – die perfekte winters gastegeskenkie!

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category