Taai soos ‘n Toffie-Appel { Bak + Brou }

toffie-appel-troues

Toffie-appels vat mens sommer dadelik terug na jou kinderdae, en herhinner mens strakkies aan snoepies en basaars. Of jy dit nou as nagereg of gastegeskenkie bedien, dis gewaarborg om opslae te maak.

Wat jy gaan benodig:

  • 8 klein appeltjies
  • 2 koppies suiker
  • ½ teelepels asyn
  • ½ koppie water
  • ½ koppie voedselkleursel – en wie het besluit dit moet noodwendig rooi wees?
  • 8 roomys-stokkies of dik hout sosatie-stokkies

Laat ons wegspring!

  • Was die appels onder lopende water en maak dit behoorlik droog.
  • Steek ‘n stokkie in die onderste “oog” van elke appel, en maak seker dis diep genoeg sonder dat dit heeltemal deursteek.
  • Bedek ‘n bakplaatjie met waspapier en plaas opsy vir nou.
  • Plaas die water in ‘n klein dikboompot of -pan, en voeg dan die suiker en asyn by.
  • Bring die mengsel tot kookpunt.
  • Voeg die voedselkleursel by.
  • Verhit die mengsel tot ongeveer 150-grade Celsius en laat dit prut vir 20 minute.
  • Nou is dit tyd om te toets! Gooi eenvoudig ‘n druppel van die mengsel in koue water. Indien dit gereed is, sal dit hard raak sodra dit die water tref, en kraak as jy dit met ‘n metaal lepel tik.
  • Indien dit gereed is, haal die mengsel van die hitte af en laat dit effens afkoel – totdat dit ophou borrel.
  • Gryp ‘n appel en doop dit in die toffie-mengsel. Roteer die appel sodat die ekstra toffie kan afloop, voordat jy dit op die waspapier plaas.
  • Herhaal die vorige stap totdat al die appels bedek ie, en laat dit dan afkoel en hard word.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category