Plat soos ‘n Pannekoek

wedding-pan-cake-ideas

Wie kan nou nee-dankie sê vir ‘n ligte, liplekker pannekoek? Jonk en oud, plattelander of stadsmuis – pannekoek bly nou maar eenmaal ‘n universele gunsteling. Boonop is dit lig op die sak en maklik om aan mekaar te slaan, so of jy nou ‘n vroegoggend troue of ‘n laatmiddag geleentheid beplan, daar is altyd plek vir pannekoek op die spyskaart.

Interaktiewe kosstasies is deesdae op almal se lippe, so oorweeg dit gerus om ‘n pannekoekstasie op te stel waar gaste uit ‘n verskeidenheid smullekker en dekadente pannekoekvulsels kan kies. Maak tog seker dat daar beide soet en sout opsies beskikbaar is om almal tevrede te stel, en as ‘n bonus kan jy die sjef uit die kombuis bring om gaste met sy pannekoek-toertjies te vermaak.

Ander plat en prettige idees sluit in:

  • In plaas van ‘n tradisionele troukoek, bou ‘n “koek” uit pannekoeke! Versier dit dan met sjokolade sous, gouestroop, bessies, room of sjokolade krulle.
  • Ryg mini pannekoekies (“flap jacks”) op ‘n sosatiestokkie en heg ‘n naamkaartjie daaraan – siedaar, smullekker en praktiese plekname vir die tafels!
  • Pannekoek maak ‘n uitstekende voorgereg, so oorweeg dit om ‘n pannekoekstasie op te rig of dit net so op die bord te bedien. Dan is daar ook die nageregopsie – heerlike pannekoek gevul met sjokolade mousse, roomys, karamel, geklopte room en nog meer!
  • Bedien mini pannekoekies as canapés, met heerlike vulsels soos patee, roomkaas, spanasie en feta, tzatsiki en hummus.
  • Vir die gastegeskenkies, maak jou eie pannekoek “premix” wat gaste by die huis kan voorberei. Meng eenvoudig die droë bestanddele saam en verpak dit in mooi flessies met voorbereidingsinstruksies.
  • In plaas van gewone platannas, bedien ongewone pannekoek vorms soos hartjies, blommetjies, diertjies, sterre en ander interessante lekkernye.
  • Maak seker die fotograaf kry ‘n kiekie waar jy en manlief ‘n pannekoek deel of bak so saam-saam vooraf pannekoek vir julle verlowingsfotosessie.

Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.

 


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category