Outydse Troukoeke { Pragtige Idees }

Die regte troukoek sal jou outydse tema mooi afrond. Gewoonlik is troues met ‘n ouwêreldse tema uitspattig en die troukoeke is net so uniek. ʼn Ongewone troukoek-idee is ʼn vierkantige vier laag goud, wit en bruin “art deco” koek wat versier word soos retro-styl muurpapier en jou aan die 1960’s herinner.

As jy na die verskillende troukoek-ontwerpe kyk, dink spesifiek aan die vorm en die dimensies. Soek jy ʼn ronde, driehoekige, vierkantige koek of ʼn kombinasie van vorms? Die ander groot element wat in ag geneem moet word is die tema se hoofkleure. Wíl jy hê die koek moet die tema se kleure komplementeer of soek jy spesifiek ʼn bietjie kontras met ʼn uitspattige kleur om die atmosfeer prettig te hou?

Die koek se grote en die aantal gaste wat genooi is moet ook in ag geneem word sodat daar darem ʼn stukkie vir almal is. As jy nie die koek wil oordoen nie kan jy iets meer natuurlik kies soos ʼn gewone wit troukoek met ʼn outydse versiering op.

Versierings word van ʼn verskeidenheid materiale gemaak soos hout, plastiek en natuurlik eetbare versiersuiker. ʼn Vier-laag troukoek met ʼn room kleur kan met blomme versier word.  ʼn Dansende bruidspaar, engeltjies en selfs twee voëltjies wat saam op ʼn takkie sit is almal versierings met ‘n outydse styl.

Gewilde eetbare versierings word uit geroomde botter, roomkaas of fondant gemaak. Fondant is die populêrste omdat dit in soveel ingewikkelde ontwerpe en in alle grotes gevorm kan word. Roomkaas werk beter onderdak omdat dit geneig is om maklik te smelt, maar fondant kan enige hitte en warm temperature weerstaan.

As jy ʼn elegante wit koek kies kan jy ʼn ruiker op die boonste laag sit van dieselfde blomme as jou tafelrangskikkings. Linte is ook gewild en kan uit botterversiersel gemaak word. Sit ʼn groot eetbare strik om elke laag of versier die lae met kant en blompatroontjies.

Vir meer idees en bronne besoek ons Pinterest-bladsy.


  • Pingback: Hildegardt en Kuba Troue / 7de Laan Troues | Trou Inspirasie()

  • Annie

    Inspirerend!

  • Reline

    Baie interessante idees!

  • Jannie

    Mmmmmmm dit lyk lekkerrrr

  • Bernice

    Te mooi om te eet

  • Jeanne-Mari

    Dis so mooi en perfek. Weet nie of ek my troukoek sal eet as hy so mooi lyk nie

  • Lani

    Love dit!!!!!

  • Robyn

    Mal hieroor!

  • Rita van Zyl

    very very nice

  • Mariette Bruwer

    ek wil graag n troukoek met pilare tussen die lae maak.Kan iemand my raad gee hoe om dit op te versier dat dit nie sal breuk met die vervoer van die koek nie asb.

Advertensies

Soek Deur Ons Blog

Loer Volgens Kategorie