MMMMalvalekkertjies!

malvalekkers-dekor

Malvalekkers is een van daardie bederfies wat geliefd is deur oud en jonk en al vir jare lank met partytjies en feestelikhede geassosieer is. Daarom is dit die ideale manier om ‘n tikkie soete pret en lighartigheid na die tafel te bring sonder om té “kinderpartytjie” te gaan.

Malvalekkers is op grootmaat by meeste groothandel-winkels beskikbaar – van doodgewone pienk en wittes tot malvalekkers wat met klapper bedek is – maar kan ook tuis gemaak word. Voor ons egter by die nageregtafel kom, is daar ‘n hele paar oorspronklike maniere waarop jy malvalekkers by die troudag kan inwerk – voorbeelde sluit in, ‘n malvalekker bruidsruiker, en stringe malvalekkers om in die dak te hang.

Hier is nog ‘n paar stroopsoet idees:

  • Bedien malvalekker en aarbei sosaties as ‘n vervrissende peuselhappie tydens die skemerkelkie of makietie.
  • Skep ‘n malvalekker sjokolade fontein waar gaste hulself trommeldik aan die soetgoed kan eet.
  • Maak jou eie dubbelkleurige malvalekkers deur die een helfte in voedselkleursel te doop.
  • In paas van tradisionele konfetti, laat gaste gesnipperde- of baba malvalekkers oor julle
  • koppe strooi.
  • Versier die troukoek met malvalekkers wat lyk asof dit langs die kant van die koek af tuimel, of gebruik gesmelte malvalekkers in plaas van versiersuiker.
  • Bederf gaste met doen-dit-self “smore” pakkies – soetkoekies en malvalekkers om die “smore” mee te maak en ‘n kersie om die malvalekkertjie te smelt.
  • Glaspotjies vol malvalekkers maak ook die ideale gastegeskenkies en as jy boonop die gas se naam om die nek van die botteltjie vasbind, het jy ‘n wenner van ‘n pleknaamkaartjie!

malvalekkers-01

malvalekkers02

malvalekkers03

malvalekkers-04

malvalekkers-05

malvalekkers-06

malvalekkers-07

malvalekkers-08

malvalekkers-09

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category