Manjifieke Marmer { Troukoeke }

marmer-troukoeke

Onthou jy die toe jou buurvrou eens op ‘n tyd genoem het dat die marmertoonbank in jou kombuis so mooi lyk dat “mens dit sommer wil eet”? Wel, maak seker jy nooi haar na die troue sodat sy ‘n stukkie van jou marmer troukoek kan proe, want dít is nou maar eenmaal gewaarborg om enige gas se dag te maak!

Marmer koeke is werklik iets om te aanskou en kan gekenmerk word aan die gevlekte en gestreepte voorkoms. Díe ongewone effek word gewoonlik geskep deur twee of meer kleursels te kombineer tot die punt waar dit nog nie heeltemal gemeng is nie en die oorspronklike kleure steeds duidelike onderskeibaar is. Die resultaat is dus ‘n asemrowende troukoek wat die natuurlike patrone van marmer weerspieël en die monde laat water.

Indien ‘n marmer troukoek iets is wat jy sal oorweeg, is daar een van twee rigtings wat jy kan inslaan:

  1. ‘n Marmer-bedekte troukoek: Hier word die versiersuiker van die troukoek met kleursel “gevlek”om ‘n fantastiese koek te skep wat die bekke aan die klap sal kry.
  2. ‘n Onderstebo marmer troukoek: Hier is dit die koek self wat ‘n marmeragtige voorkoms het. Deurdat die koekmengsel vooraf met kleursel gevlek word, wag daar omtrent ‘n verrassing wanneer die koek gesny word!

‘n Ander alternatief is om ‘n marmer-effek met verskillende geure koek te skep in plaas van bloot kleure – byvoorbeeld sjokolade en vanielje of iets meer eksoties soos kaneel en koffie-gegeurde koek. Nodeloos om te sê, ‘n marmer troukoek is die ideale oplossing as jy en manlief nie kan besluit watter kleur of tipe koek die kersie op die troudag gaan plaas nie.

Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


  • Sandra Jacobs

    Hierdie is ‘n ongelooflike oulike webwerf!My dogter trou oor twee maande en ek wens ek het al 6 maande gelede op julle afgekom!

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category