Kategorie: Bewoording, Skryfbehoeftes

Ons nooi jou uit { Bewoording }

Die oomblik wat jy op ‘n troudatum besluit, verander dit in die belangrikste blokkie op die kalender. “Wat is vandag se datum? Wie gee om! Ek trou oor ses maande en twaalf-en-‘n-half dae!” Maar vir die name op jou gastelys is jou troudatum net nog ‘n dag in die jaar, wat beteken dat jou uitnodigings behoorlik sal moet jubel en juig om jou gaste aan te steek met jou en jou liefie se opgewondenheid. So wat sê ‘n mens nou juis in hierdie uiters belangrike kaartjie? Wel, die basiese struktuur van ‘n trou uitnodiging lyk min of meer soos volg:

U word hartlik uitgenooi om te kom deel in die huweliksbevestiging van
{Bruid – dogter van {ma} en {pa}}
en
{Bruidegom – seun van {ma} en {pa}}
Datum:
Tyd:
Plek:
Onthaal volg direk na die seremonie.
{Onthaalvenue – opsioneel}
{Enige versoeke, soos byvoorbeeld “Geen kinders asb.”}

Moet jou egter nie daarteen vasstaar nie, want hier is waar die pret begin. Speel rond met die struktuur: Verander die volgorde, voeg versies of rympies by, verruil die “U” vir ‘n meer intieme “jy”, en verbuig die toon om jou en jou verloofde se persoonlikhede te weerspieël. Begin byvoorbeeld die uitnodiging met ‘n aanhaling wat vir julle spesiaal is, of pas die bewoording aan by die tema van julle troue.

Byvoorbeeld, as julle op ‘n seeman tema besluit het, laat julle troukaartjie iets sê soos: Kom deel in die vreugde wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, ons seilbootjies vasmeer en saam die lewenswaters invaar.

Of dalk liewer iets in die lyn van: {Bruid} en {Bruidegom} nooi jou hartlik uit om die nooiensvaart van hul lewensbootjie te kom vier. ‘n Paar ooms en tannies se nekhare mag dalk rys, maar onthou: Dis jou en jou geliefde se dag – maak dit julle eie!

Hier is ‘n paar woorde, rympies en gedigte om jou te inspireer:

  • {Bruid} en {Bruidegom} het {datum} as die eerste dag van hulle nuwe lewe saam gekies.
  • Jy word hartlik uitgenooi om te kom deel in die vreugde van hierdie spesiale oomblik.  
  • Twee lewens, twee harte, twee siele word een. Dit is met blydskap en vreugde dat ons, {Bruid} en {Bruidegom}, jou nooi jou om te kom deel in hierdie kosbare oomblik.
  • Kom deel in die spesiale oomblik wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, ons liefde aan die wêreld verkondig.
  • Ons soeke na ware liefde eindig, ons reis as geliefdes begin. Kom deel in die vreugde wanneer {Bruid} en {Bruidegom} hul troubeloftes aflê.
  • Kom vier saam met ons, {Bruid} en {Bruidegom}, die begin van ons nuwe lewe saam.

  • Vir ‘n Alice in Wonderland tema, skryf iets soos: Tik… Tok…. Tik… Tok… {Bruid} en {Bruidegom} se groot dag kom al hoe nader. Ons nooi jou hartlik uit om te kom deel in die wonderlikste oomblik van ons lewe.
  • Ons het besluit op verewig, en verewig begin wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom} in die huwelik tree op {datum} om {tyd}.
  • Kom deel in die feesvieringe wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, in die pad val vir ons lang reis saam.
  • {Bruid} en {Bruidegom}, nooi jou uit om te kom deel in die begin van ‘n nuwe hoofstuk.
  • Ons paadjies het gekruis en van hier af loop ons saam. Ons nooi jou hartlik uit om ‘n getuie te wees van ons, {Bruid} en {Bruidegom} se beloftes aan mekaar.
  • Kom vier saam nuwe liefde en nuwe lewe, wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, in die huwelik tree op {Datum}.
  • Jy word met blydskap uitgenooi om ‘n getuie te wees van {Bruid} en {Bruidegom} se onwrikbare liefde vir mekaar.
  • Kom vier die begin van verewig en altyd, wanneer {Bruid} en {Bruidegom} ewige trou aan mekaar beloof op {Datum}.
  • Wees saam met ons bly en kom vier fees wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, ons liefde aan mekaar verklaar.
  • Kom deel in die vreugde wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, een word voor God.
  • “Gelukkig en ewig saam” is die eerste sin van ons lewe saam. Kom vier saam die begin van  {Bruid} en {Bruidegom} se sprokie.
  • Kom deel in die blydskap wanneer ons, {Bruid} en {Bruidegom}, ons liefde en drome saamvoeg om een toekoms te skep.

Hier is ook ‘n paar roerende liefdesaanhalings, vir so ‘n ekstra tikkie inspirasie:

  • Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak: die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. – CJ Langenhoven
  • Liefde is die lopersleutel wat die poorte na geluk oopsluit. – Oliver Wendell Holmes
  • Die grootste belegging wat ons ooit kan maak, is om ons lewe te belê in die lewe van iemand anders. – Scott Lee
  • Daar is net een blydskap in die lewe – om lief te hê en om liefgehê te word.- George Sand
  • ‘n Liefdevolle hart is die suiwerste wysheid. – Charles Dickens
  • Liefde is die skoonheid van die siel. – St. Augustine

Skryf wat in jou hart is en maak die bewoording jou eie. Laat jou gaste die liefde wat jy en jou sielsgenoot vir mekaar het tussen die lyne lees, en jy sal gou sien dat geen warm en kloppende hart ‘n viering van ware liefde van die hand kan wys nie.

Uitnodigings deur Crystal Print en Secret Diary Designs



Soortgelyke artikels:

18 Aanmerkings op Ons nooi jou uit { Bewoording }

  1. Pingback: Kerkprogram / Trouprogram / Afrikaanse Troukaartjie Bewoording | Trou Inspirasie

  2. Pingback: Doen-dit-self Uitnodigings - Benodighede | Trou Inspirasie

  3. Cindy says:

    Baie oulike idees!

  4. Saskia du Preez says:

    Dankie dankie! Hierdie maak my lewe soveel makliker.

  5. Robyn says:

    Sjoe, n paar unieke idees! Baie mooi.

  6. PETRO says:

    Ek is geskei toe my dogter 13 jaar was haar besluit was op by haar Pa en broer te bly vir 2 jaar het ek hulle nie gesien nie is intussen het dag en nag om gehuil ons het mekaar in tussen weer gevind sy trou binnekort en het my betrek met haar troue ek doen die meeste en gee die meeste sy is pragtig klein en fyn ek wil graag ‘n toespraak maak wat nie te hartseer is nie kan iemand my asb net ‘n idee gee ek het al hoeveel neer geskryf maar alles is te intiem en baie hartseer. Sy kies tot my rok sodat sy trots op my kan wees. Hoop daar is iemand wat my ‘n gedig en aanleiding kan gee,

  7. Gerda says:

    Julle het baie oulike idees wat nogal baie kan help

  8. Paricia Buitendag says:

    Soek voorbeelde van troukaartjies.

  9. amanda says:

    baie dankie vir julle wonderlike website, ek het regtig gesukkel, maar gekry waarna ons gesoek het vir ons spesiale dag. Dankie dat julle dit makliker vir ons gemaak het

  10. ella says:

    Dankie vir jul raad, dit vergamaklik inderdad my troue-daad

  11. Marius Van Eden says:

    Soek graag raad,om ons trou kaartjie reg te bewoord!
    Omdat dit ons albei se tweede troue is,en ons genoeg potte en panne het,wil ons graag net finansiele geskenke he!!Dit moet nie klink of ons geld nodig het nie,want ons het nie!! Sou die geld geskenke aanwend vir ons wiitebrood!
    Laat weet asb!
    Dankie

  12. Sandra Venter says:

    Watter bewoording kan mens gebruik vir ‘n 2de huwelik? Dit moet asb. nie te soetsappig wees nie.

    Baie dankie

    Sandra Venter

  13. Nelia Meyer says:

    Lieflike website!

  14. Jenny says:

    Opsoek na afrikaanse bewoording vir trou uitnodigings

  15. Janelle says:

    Ek is opsoek na bewoording vir kontant vir trougeskenk. Sonder om enige rympies of gediggies te gebruik. Help asb!

  16. Charne says:

    Hai ek wil graag weet met die uitnodigings en die ouers se name wat sê ons in ons uitnodigings as my verloofde se papa oorlede is ?

  17. Annthea says:

    Hi

    Ek nodig bewoording om te se in n oulike manier dat memse hul eie drank moet bring en het geen idea wat om te se nie. Groot asb help.

    Annthea

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>