Mad Libs { Vermaaklike Vraelysies }

vermaaklike-vraelysies

Om gaste te vermaak en gedurende die skemerkelkie besig te hou hoef nie ‘n duur en gekompliseerde affêre te wees nie, soos hierdie troudag vraelysies al te goed bewys. Bo en behalwe die feit dat “mad libs” ‘n tikkie pret en plesier aan die geleentheid verleen, dien dit boonop as die ideale alternatief tot ‘n tradisionele gasteboek aangesien dit jou met iets persoonliks in die sak laat nadat die troudag oor en verby is.

Al is die internet propvol aflaaibare template vir troudag vraelysies, is daar geen rede hoekom jy nie sommer self jou “mad libs” kan saamstel nie. Die geheim is om eenvoudig ‘n storie te skryf en dan sekere werkwoorde, name en frases uit te laat sodat gaste dit kan invul soos hulle goed dink… en die res sal self in plek val. Verder kan jy ook ‘n oulike potlood saamgee waarmee gaste die vraelysies kan invul en sommer na die tyd as gasteskenkie kan huistoe neem.

Hier is paar onderwerpe waarvoor jy ‘n vraelysie kan uitwerk:

  • Wenke en skreeusnaakse advies vir ‘n gelukkige en suksesvolle huwelik.
  • Jou en manlief se liefdesverhaal – waar julle ontmoet het, hoe lank julle mekaar al ken, jul gunsteling restaurant, en so aan.
  • Snaakse of interessante feite oor jou en jou geliefde.
  • Die gas se eie storie van hoe hy of sy vir julle leerken het.
  • ‘n Vermaaklike weergawe van die dag se verrigtinge, uit die gas se oogpunt – wat hy/sy van jou trourok gedink het, hoe die kos gelyk het, ensovoorts.
  • Vra jou strooimeisies om ‘n poging aan te wend en self ‘n vraelysie vir die troudag aanmekaar te stel – selfs al gebruik jy dit nie op die ou einde nie sal dit as goeie inspirasie dien.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category