Kategorie: Doen-dit-self, Skryfbehoeftes

Kerkprogramme { Doen-dit-self Idees }

Naas jou uitnodiging is die kerkprogram seker die eerste manier om ‘n indruk te skep by jou gaste. Ons het vir julle ‘n paar idees bymekaar gemaak oor hoe om seker te maak jou kerkprogram is onvergeetlik!

  • Bind die kerkprogramme met linte vas aan elke gas se stoel by die seremonie. Steek ‘n blom in die strik om sommer te dien as versiering.
  • ‘n Eenvoudige monogram op jou kerkprogram is klassiek en stylvol. Die monogram kan dwarsdeur jou troue gebruik word om verskeie elemente mee te versier.

  • Programme met skrif in ‘n ou tikmasjien-styl is ‘n oulike idee vir ‘n vintage troue.
  • Skep ‘n lighartige atmosfeer deur jou kerkprogram se omslag te versier met oulike liefdeswoordjies in verskillende groottes.

  • Bind jou program vas aan ‘n geweefde waaier om jou gaste koel te hou tydens daardie warm somermaande.
  • Maak jou programme in ‘n strukvorm deur jou teks horisontaal oor vier kolomme te druk. Sny die blad in die helfde, vou ‘n strook papier of lint oor die middel en plak dit agterop vas. Vou die punte van die program na die middel en steek dit onder die bandjie in.

  • Versier jul program met ‘n oulike foto van julle twee. Dit skep ‘n persoonlike atmosfeer.
  • ‘n Kerkprogram versier met ‘n veertjie is ideaal vir ‘n buitelig-troue of voëltjie-tema.

  • In plaas daarvan om konfetti uit te deel na die seremonie, heg ‘n klein pakkie konfetti aan jou kerkprogram vas met alkantkleefband (“double-sided tape”).
  • Strikkies van lint is ‘n goedkoop en maklike manier om jou programme mee op te kikker.

  • ‘n Kerkprogram van getekstuurde papier met drukwerk op bly elegant en pragtig en ‘n klassieke swart-en-wit kleurskema met kalligrafie op is uiters stylvol.

  • Plak ‘n klein koevertjie vas aan die kerkprogram en bêre ‘n sneesdoekie daarin vir dié gaste wat moontlik ‘n traantjie sal pik.
  • Begroet jou gaste met kleurvolle programmetjies wat hang aan elke sitplek by die seremonie-onthaal.

Ekstra hulp

Bron: Martha Stewart Weddings



Soortgelyke artikels:

2 Aanmerkings op Kerkprogramme { Doen-dit-self Idees }

  1. Jacqui says:

    Moet se jul het n great profile, baie idees en fresh goed. Baie in tyd met vandag se jongmense.

  2. Marieta Reyneke says:

    Baie oulike idees. Sou nog meer hulpvaardig gewees het as ek dit in pdf formaat kon aflaai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>