Lindrie en Billy { Troue in 90 dae }

safari-gardens-troue-00

Bruid: Lindrie
Bruidegom: Billy
Hoveelheid gaste: 60
Datum van troue: 21 Junie 2014
Venue: Safari Gardens in Pretoria

Die Bruid

Toe ek 34 op die 14e dag van die 4e maand in 2014 geword het, moes ek geweet het dat dit my jaar gaan wees met SO string ‘’4s’’ in dieselfde jaar. Ek is ‘n ‘’Training and Support Consultant’’ vir ‘n ‘’Software development’’ maatskappy. Ek het baie lank gebid vir die regte maat en partydae het die vertroue wiele maar pap geword, maar opgee was nie ‘n opsie nie. Ek kan getuig dat die Here jou op die ou einde verseker die begeertes van jou hart gee, maar op Sy tyd en Sy manier. Dit kom ook nie altyd in die vorm of omstandighede waarin jy dit verwag nie. Hy is selde vroeg, maar nooit te laat nie.

Die Bruidegom

Billy het op 41 eers besef dat daar wel iets is wat ‘n mens meer kan laat sweet as ‘n werksonderhoud, die oggend toe hy voor in die kerk vir sy bruid wag. Hy is ook ‘n ‘’IT Consultant’’ in die rekenaar wereld. Billy reken dat hy altyd ‘’geweet’’ het hy sal wel eendag trou, hy het net nie geweet wanneer die Here die tyd sal laat aanbreek nie. Vriende se troues het gekom en gegaan, maar hy het nie moed verloor nie.

Hoe het julle ontmoet?

Ons het mekaar jare terug in londen ontmoet. Ek het geweet hy het onlangs teruggekom SA toe en wou hom oorspronklik aan my huismaat voorstel, maar toe ons mekaar weer sien… Die res is geskiedenis.

Hoe lank was julle saam voor die verlowing?

+/- 1 jaar

Vertel ons van die verlowing. (Waar, hoe ens.)

Safari Tuine. Billy het ouers gevra nog voordat ons met die maak van die ringe begin het. Hy wou eers seker maak dat hy hul ‘’blessing’’het. Ons het een oggend besluit om gou ontbyt by Safari te gaan eet toe hy my verras het met die ring. Ek was bly,verlig en verbaas….en toe skielik BAIE opgewonde. Mens kan dit amper met ‘’malle-meule’’ ry vergelyk. Jy ervaar ‘‘alles ’’ en ‘’niks’’ terselftetyd.

Hoe lank na die verlowing het julle gekies om te trou en hoekom?

Net so onder die 4 maande na ons verlowing is ons getroud. Ons was van die begin af van plan om slegs ons ‘’harts-mense’’ te nooi. Mense wat saam met ons die pad gestap het tot nou. Ons is al heelwat ouer en albei mal oor reis. Ons wou oorspronklik sommer in Mauritius gaan trou het, maar Billy se voertuig met persoonlike dokumente word toe skielik gesteel, wat beteken dat ons nie ons aansoek vorms betyds sou kon invul en deurstuur om aan Mauritius se vereistes te voldoen nie. As gevolg van dit, het ons besluit om by Safari ‘n oggend troue te hou.

Hoe het julle die beplanning van die troue benader? Het julle dit self gedoen? Hoe lank het julle beplan en hoe het julle dit ervaar?

Ek dink ‘n oggend troue is dalk anders. Ons het dit gesien as ‘n lekker ontbyt na die bevestiging van ons huwelik saam met almal wat ‘n plekkie in ons harte het. Ons het dit eenvouding gehou en van die goedjies self gedoen soos bv. die ‘’confetti cups’’ en programme vir voor in die kerk. Ons het ook op elke gas se sitplek, ‘n persoonlike boodskap geskryf om hom of haar spesiaal te bedank vir hul bydrae en menswees in ons lewens asook dankie te se dat hul die spesiale dag saam met ons kom vier het.

Die beste raad is om te ontspan en elke stap ten volle te geniet. Los BAIE ruimte vir die onvoorsiene en omhels elke oomblik. Dit gaan tog so gou verby. Ons het alles in 90 dae beplan, gereel en uitgevoer. Het julle ‘n kombuistee en “bachelors” gehad? Wat het julle die meeste daarvan geniet?

Ons het vir die vriende en familie die aand voor die troue ‘n bymekaarkoms gereel. Die manne het gaan uiteet en die vrouens het in die lodge waarin ons oornag het bymekaar gekom met eetgoed. Dit was vreeslik lekker, geseend en het bygedra tot die opwinding van die troue die volgende dag.

Die Troue (Die hele storie, van begin tot einde…)

Ek was baie bevoorreg om my skoonma asook my eie moeder by my te he die oggend toe ek regmaak en aantrek. Ek wou dit juis so he, dat albei kon deel in die spesiale oomblik.

Die gaste het die oggend elk ‘n humoristiese program ontvang wat die toon vir ons dag geskep het. Ons wou dit baie gemaklik en ontspanne hou.

Ons het nie ‘n register gehad nie. Ons het die register vervang met ‘n ‘’Foto Canvas’’ voor in die Kapel. Gaste kon daarop teken of ‘n kort boodskappie skryf. Dit is iets wat ons na die tyd in ons huis opgesit het ter herhinnering aan ons dag en almal wat deel daarvan was.

Ons het die betekenis van ‘’confetti’’ en die doel van die strooi daarvan laat druk op al die ‘’confetti cups’’. Dit het interresantheid ontlok en die gaste kon dit strooi met dieselfde doel in oog.

Ons het ‘n fotoboek laat druk. Een kant vir die vrouens, waarin hul vir die bruid kon raad skryf oor die huwelik of ‘’date night ideas’’ kon deel en die ander kant ‘n deel vir die bruidegom waarin die manne hul raad kon deel. Dit het baie humor aan die dag gebring en die gaste besig gehou terwyl die bruidspaar fotos geneem het.

Ons het ook die ‘’Dankie-geskenkies’’ vervang met ‘n individuele boodskap aan elke gas vir hul menswees in ons lewens. Sodoende kon ons verseker dat ons elke gas spesiaal laat voel het deur hul persoonlik en uniek te bedank vir hul insae in ons lewens.

Na die fotos is die kos bedien en die toesprake het gevolg. Ons het na die toesprake die mikrofoon oopgestel vir die gaste indien enige iemand iets wou byvoeg of sommer net deel.

Happy Snaps het ook hul ‘’photo booth’’ opgestel wat baie pret was.

Wenke en advies vir toekomstige bruidspare:

  • Ontspan en leer om dinge te laatgaan en saam met die verloop van dinge te beweeg.
  • Onthou dat jy NOOIT ‘n perfekte dag gaan he nie, jy het net soveel beheer oor sekere goed.
  • Probeer ‘’mindfull’’ bly en elke oomblik indrink.

‘n Juweel van ‘n vriendin het vir my die volgende raad gegee en ek deel dit met ‘n ope hart aan enige bruid, dit het verseker ‘n verskil aan my ervaring van my troudag gemaak.‘’Maak seker dat jy jou kosbares rondom jou het die oggend vooraf terwyl jy gereed maak….dis nie net kosbare tye nie, maar is belangrik dat jy jou hartsmense by jou het wat hierdie emosionele en speisale dag op die regte manier saam met jou begin en jou bystaan deur al die oomblikke. Wanneer jy instap in die kerk, hou jou oe gefokus op jou aanstaande se gesig, want daardie uitdrukking is baie speiaal en word in jou geheue gegraveer vir die jare wat kom. Na die seremonie, vat ‘n oomblikkie tussen die fotos deur om net julle twee alleen te wees sodat julle ‘n ‘’stilstaan oomblik’’ het om die grootsheid van die dag met mekaar te deel. Die dag is so wonderlik, maar dit kan jou heeltemal insluk en tussendeur die gelukwense en gaste kan mens maklik ‘’verloor’’.Moenie ‘’budget’’ op ‘’speech-tyd’’ nie, dis die een geleentheid wat jou geliefdes julle kan seen met hul opregte woorde uit die dieptes van hul harte’’.

Wat was die beste deel van die hele troudag?

Alles was lekker, van die begin tot die einde. Dis lekker dat ons ‘’hartsmense’’ daar was, mense wat die pad saam ons gestap het en die nuwe seisoen saam met ons ingegaan het. Die mooiste vir my was die dag voor die tyd, toe alles ‘’bymekaarkom’’. Al jou beplanning en idees kom skielik tot stand. Dis ‘n gevoel wat net ‘n ‘’bruid’’ sal verstaan.

Het julle op ‘n wittebrood gegaan? Waarheen? En hoekom juis daar?

Mauritius. Ons albei is mal oor reis en Mauritius is ‘n bestemming waarheen ons nog nooit was nie.

safari-gardens-troue-16

safari-gardens-troue-03

safari-gardens-troue-04

safari-gardens-troue-06

safari-gardens-troue-07

safari-gardens-troue-08

safari-gardens-troue-09

safari-gardens-troue-10

safari-gardens-troue-11

safari-gardens-troue-12

safari-gardens-troue-13

safari-gardens-troue-14

safari-gardens-troue-15

safari-gardens-troue-01

safari-gardens-troue-02

Trourok: Chiqwawa Wedding Dresses
Venue en Dekor : Safari Gardens
Ko-ordineerders: Helgard Haultzhauzen
Fotograwe: Hein & Mignon Siecker van HAPPY SNAPS
DJ & Orrelis: Marnus Brits en Corrie Engelbrecht
Predikant: Ds Coenie Calitz


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category