Swart + Roosgoud { Moderne Glans }

swart-and-roosgoud

Swart en roosgoud is ‘n kombinasie wat spreek van sofistikasie asook kontemporêre va-va-voom, en jou hart ‘n bietjie vinniger laat klop. Om te keer dat dinge bietjie te donker en dramaties raak, gebruik wit as jou basiskleur, en voeg gerus tikkies vars groen by om dit ‘n organiese kinkel te gee.

Hier is ‘n paar areas waar jy roosgoud en swart heel effektief kan saamgooi:

  • Gebruik roosgoud spuitverf om blare en takkies oor te doen, en rangskik dit in ‘n swart vaas.
  • Op dieselfde wyse kan jy knoopsgatruikers vir die strooijonkers maak, en hulle in elegante swart pakke aantrek.
  • Kies swart tafeldoeke en roosgoud messegoed, onderborde, servetringe en gekleurde glase met ‘n goue rand.
  • Klee die strooimeisies in elegante swart rokkie (hoekom nie?) met treffende blinkertjieskoene, belde of juweliersware in roosgoud.
  • Skep ‘n fokusmuur met swart drapering, en hang roosgoud kandelare voor dit om die prentjie te voltooi.
  • Verander ou rame in swartborde deur ‘n paneel agter vas te slaan en dit ‘n leksel swarbordverf te gee, en verf die raam self met roosgoud verf – ideaal vir die tafelplan of spyskaart.
  • Strooi roosgoud sequins op swart tafeldoeke en versier swart skryfbehoeftes met roosgoud blinkertjies.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category