Pers + Goud { Koninklike Elegansie }

pers-en-goud-troue

Om soos ‘n prinses op jou groot dag te lyk en voel beteken nie dat jy net die regte trourok in die hande moet kry nie, maar ook ‘n gepaste kleurskema. Díe dramatiese en ongelooflike treffende kleurkombinasie is soos iets uit ‘n sprokie en val boonop binne beide bruid en bruidegom se smaak.

Uitspattige en weelderige kleurskemas is hierdie jaar groot nuus, en pers en goud is ‘n perfekte voorbeeld hiervan. Moet dus nie skrikkerig wees om die twee kleure op ongewone en gewaagde maniere aan te wend nie – hier is ‘n paar voorbeelde en idees om jou te inspireer:

  • Verruil vervelige silwer messegoed vir elegante goue messe en vurke, en rond die prentjie af deur wynglase met goue randjies te huur.
  • Kies diep pers blomme soos rose, varkblomme, flappe en lelies vir jou blommerangskikkings en gebruik spuitverf om takkies en blare goud te verf.
  • Om werklik ‘n indruk te maak, drappeer die gastetafels in pers tafeldoeke en wees ‘n bietjie waaghalsig met blink goue stoele en kandelare.
  • Goue juweliersware is ‘n volslae móét asook pers bykomstighede soos skoene, ‘n onderrok of dramatiese haarfasineerdertjie.
  • Wat die strooimeisies betref, kan jy hulle óf pers laat dra óf ietwat meer gewaagde goue blinkertjie skeppings.
  • Pak die nageregtafel propvol pers lekkernye soos jellieboontjies, pers makrolletjies, druiwe-geurige jellies en so aan, wat met goue koekblinkertjies versier is.
  • In plaas van ‘n rooi tapyt, bedek die kerkpaadjie met ‘n donkerpers mat en laat gaste na

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category