Pers + Geel { Lente Liefde }

pers-en-geel-kleurskema

Pers en geel is ‘n vrolike en lewendige kleurkombinasie wat sinoniem is met vreugde, lente, liefde en pret. Die kleurskema is boonop ideaal vir beide dag- en aand-geleenthede, en is ewe gepas vir formele en informele geleenthede.

Wanneer dit by dekor en materialkeuses kom, wees versigtig dat jou hand nie te veel glip met beide die twee kleure nie aangesien dit baie maklik oorweldigend kan raak – die geheim is klein tikkies kleur teen ‘n neutrale agtergrond soos wit, grys of beige. Hier is ‘n paar voorbeelde om jou ‘n idee te gee van wat werk:

  • Dek die tafels in neutrale kleure, en voeg dan skeutjies kleur by – byvoorbeeld, kies geel servette en bind takkies laventel rondom dit as servetring, of oorweeg gekleurde glas- en breekware.
  • Rond jou bruidsensembel met ‘n paar geel skoene af en kies hoofsaaklik pers blomme vir jou ruiker.
  • Hou in gedagte dat geel ‘n kleur is wat nie alle gelaatskleure komplementeer nie, so wees jou strooimeisies goedgesind deur hulle liefs in pers te klee.
  • Pak die venue vol kerse om so ‘n gloed van sagte geel lig te skep; Wanneer dit later by die groot partytjie kom, baai die venue in romantiese ligpers beligting.
  • Wat blomme betref, maak ‘n stelling deur pers en geel blomme van dieselfde spesie saam te voeg of speel rond met verskeie blomspesies om so ‘n sagter en natuurlike ruiker te skep. Kies uit rose, tulpe, sonneblomme, pronkertjies en viooltjies, en oorweeg dit om suurlemoene en druiwe by die tafelversierings in te werk.
  • Vir ‘n meer formele aandgeleentheid, voeg gerus klein tikkies goud by om die geel meer na vore te bring.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category