Mint + Lila { Perfekte Pastel }

Mint-Lila-troue

Mint en lila is meer as net ‘n kleurskema – dis ‘n gevoel, ‘n emosie, ‘n ambians. Díe ongelooflike pastel kleurkombinasie spreek van saligheid en gee mens so ‘n warm gevoel van rustigheid in die hart.

Al sal wit tien teen een jou basiskleur wees, hoef jy nie skaam te wees om die mint en lila in oorvloed te gebruik nie aangesien albei kleure so ongelooflik sag op die oog is. Hier is net ‘n paar van die miljoene maniere waarop jy die kleure kan ten toonstel:

  • ‘n Lekkergoedtafel is eenvoudig ‘n moet aangesien dit die soetigheid en vrolikheid van die kleurskema so perfek vasvang.
  • In plaas van ‘n tradisionele wit trourok, oorweeg gerus ‘n rok met ‘n ligte mint of lila skynsel.Kikker die gastetafels met spatsels lila en mint groen borde, koppies, vase en glase.
  • Wat blomme betref, kan jy nie verkeerd gaan met ‘n kombinasie van ligte pers rose, lelies en ander bloeisels nie, afgerond met mint woestynrosies en bloekomtakkies.
  • Kies lila hemde vir die bruidegom en sy gevolg, en vloeiende sjiffon or kant rokkies vir die strooimeisies.
  • Voeg ‘n tikkie glans by die geleentheid deur goue aksente hier en daar in te bring.
  • Skep ‘n sprokiesagtige atmosfeer met sagte lila en mint beligting.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category