Koring & Heuning { ‘n Soete Aangeleentheid }

koring-en-heuning-troue

Koring en heuning is twee elemente wat feitlik vir mekaar bedoel is – amper soos jy en manlief! As ‘n kleurskema, skep die twee kleure ‘n warm ambians wat ideaal is vir ‘n herfs of selfs wintertroue. As albei elemente egter op 100% natuurlike wyse gebruik word, skep koring en heuning die perfekte platform vir ‘n eko-vriendelike geleentheid. Maar eers, ‘n paar stroopsoet en heilsame idees om jou kop aan die dink te kry:

Bekoorlike Koring

  • Gebruik koringare in die blommerangskikkings en knoopsgatruikers en, in plaas daarvan om ‘n bruidsruiker by die paadjie af te dra, hoekom nie ‘n koring gerf of kombinasie van are en roomkleurige blomme nie?
  • Indien moontlik, reël dat jul fotosessie in die middel van ‘n koringland geskiet word of in ‘n goue grasveld so net voor sonsondergang.
  • Laat gaste hande vol koring oor julle koppe strooi, in plaas van konfetti. Nie net is dit in lyn met die tema nie, maar dis boonop eko-vriendelik – beide venuebestuurders en voëltjies sal al te in hul noppies wees!
  • Gebruik hope ligbruin raffia en goiing om die organiese gevoel en tekstuur van die koring te reflekteer en komplementeer – loer gerus na ons vorige artikel oor goiing.

Heerlike Heuning

  • Bedien heuning- en kaasborde tessame met ‘n verskeidenheid koringbroodjies en beskuitjies.
  • Plaas ‘n pot heuning (wat aan Winnie the Pooh se kleipot herhinner) in die middel van elke tafel en verskaf happies wat gaste daarin kan doop – soos ‘n heuning fondue!
  • Stuur jou gaste huistoe met miniatuur potjies heuning as gastegeskenkie, tesame met ‘n hout heuningstokkie.
  • Plaas bottels heuningbier of -likeur asook potte tuisgemaakte “honeycomb” op die tafels vir gaste om te geniet.
  • Stel ‘n skoonheidsterapeut aan om tydens die skemerkelkie jou gaste met ‘n heuning en koring hand- of voetskrop te pamperlang.

 


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category