Groen + Goud { Natuurlike Elegansie }

groen-en-goud-troue-07

‘n Groen en goue troue is nie noodwendig net vir Springbok paartjies beskore nie en kan ‘n ontsaglike stylvolle en elegante kleurskema wees, indien reg toegepas. Ons is gaande oor die organiese, vars en natuurlike karakter van die kleurskema, met die goud wat net daardie ekstra tikkie kontemporêre glans verleen.
Deur verskillende skakerings van groen en goud bymekaar te voeg, kan jy ‘n wye verskeidenheid style skep – byvoorbeeld, diep donker groen en blinkgoud is ideaal vir ‘n formele aandgeleentheid terwyl olyf en ligte goud weer vir ‘n ligter geleentheid.

Om te verseker dat die kleure op hul beste vertoon, gebruik wit as basiskleur of room vir ‘n meer ingeleefde en antieke gevoel. Voeg dan bloot tikkies groen en goud by om alles saam te bind – minder is beslis in hierdie geval meer.

Hier is ‘n paar maniere waarop jy die kleurskema self maklik kan toepas:

  • Rangskik groen blare en takke in ouderwetse goue vase of maak jou eie blompotte deur botteltjies en potjies goud te spuit.
  • Onthou dat groen nie noodwendig alle gelaatskleure pas nie, so oorweeg moontlik ‘n kombinasie van goue en groen rokkies vir die strooimeisies.
  • Indien jy nie op een kan belsuit nie, speel met verskillende skakerings van groen vir ‘n tema met meer dimensie – van sagte olyf tot diep smarag.
  • Pak die nagereg propvol peppermint-tertjies en apple-geurige happies, asook vrolike kolwyntjies wat met goue versiersuiker, strikkies en blinkertjies versier is.
  • Komplementeer die natuurlike karakter van die kleurskema met elemente soos goiing, kant, rou katoen en hout.

groen-en-goud-troue-01

groen-en-goud-troue-02

groen-en-goud-troue-03

groen-en-goud-troue-04

groen-en-goud-troue-05

groen-en-goud-troue-06

groen-en-goud

groen-en-goud-troue-08

groen-en-goud-troue-09

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category