Blou + Oranje { ‘n Kleurontploffing }

blou-en-oranje

Díe besonderse kombinasie herhinner mens strakkies aan ‘n diep oranje sonsondergang oor die donkerblou waters van die oseaan. Terwyl oranje ‘n kleur is wat oral in die natuur voorkom, is blou ietwat moeiliker bekombaar; dít gee jou egter die geleentheid om met mensgemaakte en natuurlike kontraste rond te speel vir ‘n ongelooflike resultate.

Blou en oranje is pret, helder en ontsettend treffend, so as jy dit as jou kleurskema kies moet jy mooi verstaan dat daar eenvoudig nêrens is om weg te kruip nie. Maak jou dus gereed om al jou skaam hare eenkant toe te kam en hoogs avontuurlustig in jou keuse van dekor en bykomstighede te wees.

  • Gebruik oranjekleurige vruggies soos lemoene en appelliefies as deel van jou blommerangskikkings of plaas die vrugte in lang glas vase in die middel van elke gastetafel.
  • In die blommelyn het jy oneindig baie oranje opsies – byvoorbeeld tierlelies, Barberton daisies, rose and madeliefies. Aan die blou kant kan jy gerus vergeet-my-nietjies en viooltjies oorweeg.
  • Wat die bruids- en bruidegomuitrustings betref, is ‘n klein tikkie kleur oorgenoeg om die prentjie te voltooi – iets soos ‘n blou strikdassie vir hom en oranje blomme vir haar is smaakvol dog prettig.
  • Klee die strooijonkers of kelners in koddige ouderwetse wit en blou gestreepte baadjies om ‘n feestelike karnival ambians te skep.
  • Bring spatsels kleur by die gastetafels in deur blou glasware en oranje keramiekvase te gebruik, asook vars oranje blomme vir ‘n somers-vrolike tafel.
  • Hou in gedagte dat oranje nie almal se kleur is nie, so klee liefs die strooimeisies in blou en rond hul uitrustings met oranje ruikers of skoene af.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category