Kleurskemas

Pers, swart en silwer { Glansryk }

Pers en silwer is 'n uiters populêre kombinasie vir die 2012 trou-seisoen. Kombineer dit met swart om jou troue te omskep in 'n glansgeleentheid. Ons het hierdie kleurskema gekombineer met orgideë vir vandag se inspirasiebord. Gaan kyk wanneer hierdie pragtige blom beskikbaar is op ons seisoenale blommelysie. Kleure: swart, pers, silwer Alle foto's beskikbaar op ons Pinterest-bladsy... More

Read More


Oranje en Lemmetjiegroen { Lieflike Herfskleure }

Gebrande oranje en lemmetjiegroen is die perfekte kombinasie vir 'n herfstroue. Gebruik ivoor of room en bruin as jou basiskleure en voeg spatsels oranje en groen by om die prentjie perfek af te rond. Kleure: oranje, lemmetjiegroen Alle foto's beskikbaar op ons Pinterest-bladsy... More

Read More


Pers, Groen en Geel { Plaastroue }

Afrikaners is plesierig en min dinge is so plesierig soos 'n plaastroue! Pers, groen en geel is 'n pragtige kombinasie vir 'n plaastroue, want dit is vrolik en pas ook mooi by hout- en rustieke elemente. Kleure: pers, groen, geel Alle foto's beskikbaar op ons Pinterest-bladsy... More

Read More


Kruisement, grys, geel en room { Volroom Prag }

Een van ons bruide het 'n kleurskema van kruisement ("mint"), grys, geel en room met 'n vintage tema aangevra. Hoe asemrowend is dit nie?! Die sleutel tot sukses hier is om al die kleure sag en vloeiend te hou. Wat lekker is van 'n vintage tema is dat jy 'n mengelmoes van doilies, blomme, ou blompotte en patrone kan gebruik. Vir meer inspirasie, gaan loer na ons vintage tafeldekor-idees. Kleure: kruisement, grys, geel, room Alle foto's beskikbaar op ons Pinterest-bladsy... More

Read More


Rooi en Turquoise { Helder + Treffend }

Rooi en turquoise is 'n baie treffende kleurskema indien dit reg gebruik word en werk baie goed met 'n moderne tema sowel as 'n vintage tema. Hierdie helder kombinasie werk ook baie goed met hout en rustieke elemente. Kleure: rooi, turquoise Alle foto's is beskikbaar op ons Pinterest-bladsy.... More

Read More


Page 20 of 24« First...10...1819202122...Last »

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category