Kleurskemas

Wit, Goud en Koraal { Sag + Sjiek }

Hierdie kleurskema is spesiaal aangevra deur een van ons bruide en ons kan nie anders as om mal te wees daaroor nie! Ons beveel aan dat jy wit as 'n basiskleur gebruik en dan koraal en goud as aksentkleure in bring. Kleure: wit, koraal, goud Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Ligpers en Geel { Plattelandse Sjiek }

Die kombinasie van ligpers en geel laat mens verlang na die platteland met sy wilde geel blommetjies, laventelbossies en sonskyn. Hierdie kleurskema werk perfek vir 'n plaassjiek-tema en oulike geel blomme sluit Craspedia, Barbeton Daisies en sonneblomme in. Moet ook nie bang wees om 'n woestynrosie in te bring nie! Kleure: ligpers, geel Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Goud en Swart { Glinsterende Elegansie }

Net so skuins na die Nuwejaar, bring ons vir julle 'n glinsterende goud-en-swart inspirasiebord. Hierdie kombinasie werk uitstekend vir 'n formele aandtroue en spreek van elegansie en styl. Kleure: swart, goud Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Oranje, Wit en Swart { Helder Heerlikheid }

Oranje is 'n kleur wat baie versigtig benader moet word, aangesien dit maklik oorweldigend kan wees. Vir hierdie kombinasie om goed te werk, kan jy swart en wit as jou basiskleure gebruik en slegs spatsels oranje in bring as 'n aksentkleur.  Kry idees vir oranje blomme op ons seisoenale blommelys. Kleure: oranje, swart, wit Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Parmantige Perske { Sag + Vroulik }

Perske is een van daardie kleure wat deur die meeste as 'n regte “oumens kleur” beskou word, maar... More

Read More


Page 11 of 24« First...910111213...20...Last »

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category