Kleurskemas

Rooi en Geel { Vars + Helder }

Rooi en geel... helder, vars en vrolik! Soos met enige ander helder kleurkombinasie, is dit belangrik om die regte hoeveelheid van elke kleur in te bring. Wit is altyd 'n goeie basiskleur. Indien dit reg gebruik word, kan hierdie kombinasie sorg vir asemrowende troufoto's! Kleure: rooi, geel Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Pers, Groen, Bruin en Wit { Lieflike Inspirasie }

Ons kan nie ophou kyk na hierdie asemrowende kleurskema nie! Bruin en pers is twee baie gewilde kleure, terwyl groen vars en vrolik is. Gebruik wit as jou basiskleur om die kombinasie mooi af te rond en 'n elegante atmosfeer te skep. Blomme wat pragtig sal lyk by hierdie kleurskema sluit tulpe, krismisrose, orgideë en rose in. Kleure: pers, wit, bruin, groen Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Wit, Ligpienk en Silwer { Sprokiesagtig }

As jy 'n sprokiesagtige troue wil hê, is 'n kleurskema van wit, ligpienk en silwer net vir jou bedoel! Hierdie elegante kombinasie is ook ideaal vir 'n lentetroue en sal pragtig werk saam met pêrels. Gebruik wit as jou basiskleur en probeer om nie die pienk te oordoen nie... jy wil nie jou bruidegom ongemaklik laat voel nie! Kleure: wit, pienk, silwer Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Blou en Turkoois { Sag + Romanties }

Lieflik, modern en uiters sag op die oog! Blou en turkoois is 'n pragtige kombinasie. Oulike, speelse elemente soos strooitjies, hartjies en eendbekkies lyk pragtig in hierdie koel kleure en krismisrose sal die prentjie mooi afrond. Hierdie kleurskema is natuurlik ook ideaal vir 'n strandtroue. Kleure: blou, turkoois Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Bruin en Cerise Pienk { Warm + Helder }

Bruin simboliseer stabiliteit en betroubaarheid, terwyl pienk skoonheid en liefde simboliseer. Is dit nie ideaal vir die begin van jul nuwe lewe saam nie? Daarmee saam word die warm, neutrale bruin pragtig opgehelder deur die cerise pienk. Tog te mooi! Kleure: bruin, cerise pienk Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Page 10 of 24« First...89101112...20...Last »

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category