Inspirasieborde

‘n Ouwêreldse Kersfees { Tydlose Inspirasie }

'n Ouwêreldse Kersfeestroue...  tydloos en glansryk. Gebruik hope feetjieliggies, kerse en feestelike lekkernye om 'n atmosfeer te skep wat jou sal terugneem na 'n Kersfees uit jou kinderdae. Bruide - skep 'n pragtige vintage voorkoms met rooi naels, rooi lippe en 'n oulike fasineerdertjie. Onvergeetlik mooi! Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


‘n Sprankelende Kersfees { Inspirasie }

Vandag bring ons vir julle 'n bietjie Kersfees-inspirasie met 'n verskil. Wie sou kon dink dat musiekblaaie, kalligrafie en metaalkleure so 'n feestelike tema kan maak? Skep 'n pragtige Kersfeestroue of versier jou Kerfeesboom op 'n unieke manier! Foto's: Ruffled... More

Read More


Oranje, Wit en Swart { Helder Heerlikheid }

Oranje is 'n kleur wat baie versigtig benader moet word, aangesien dit maklik oorweldigend kan wees. Vir hierdie kombinasie om goed te werk, kan jy swart en wit as jou basiskleure gebruik en slegs spatsels oranje in bring as 'n aksentkleur.  Kry idees vir oranje blomme op ons seisoenale blommelys. Kleure: oranje, swart, wit Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Appelgroen en Ligblou { Inspirasie }

Dit is nou 'n vars kombinasie, as ons al ooit een gesien het! Lieflike ligblou en parmantige appelgroen is ideaal vir 'n lente- of somerstroue en sal net so goed werk vir 'n oggendtroue. Krismisrose sal besonders goed werk saam met hierdie kleurskema. Kleure: ligblou, appelgroen Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Kruisement en Pienk { Koel + Klassiek }

Pastelkleure is altyd 'n wenner by troues, so vandag kyk ons na 'n kombinasie van sagte pienk en kruisementgroen. Die sagte kruisement is koel en kontemporêr teen die romantiese en klassieke pienk. Dink net hoe pragtig sal hierdie kleure lyk teen 'n wit basiskleur, delikate kant of selfs kristal! Kleure: kruisement, pienk Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Page 5 of 17« First...34567...10...Last »

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category