Inspirasieborde

Goud + Pers { ‘n Koninklike Affêre }

Ons sê almal ons wil soos 'n prinses op die groot dag lyk, so hoekom dit nie reguit kop toe vat met hierdie tema nie? Goud en pers is... More

Read More


Geel, Goud en Kruisement {Prettig en Vroulik}

Geel, goud en kruisement...so prettig en vroulik! Hierdie kleurskema laat baie ruimte om mee te speel. Maak egter seker dat julle genoeg van elke kleur gebruik om 'n goeie balans te skep,  tensy jul verkies om een kleur die 'hoof'-kleur te maak. Kies egter 'n geel wat nie te helder  is nie  om te verhoed dat die kleure mekaar oorweldig  omdat kruisement 'n pastel-kleur is en goud self baie aandag trek. Indien dit reg gebruik word, kan hierdie ongewone kleurskema baie goed saam lyk. Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Rooi en Geel { Vars + Helder }

Rooi en geel... helder, vars en vrolik! Soos met enige ander helder kleurkombinasie, is dit belangrik om die regte hoeveelheid van elke kleur in te bring. Wit is altyd 'n goeie basiskleur. Indien dit reg gebruik word, kan hierdie kombinasie sorg vir asemrowende troufoto's! Kleure: rooi, geel Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Pers, Groen, Bruin en Wit { Lieflike Inspirasie }

Ons kan nie ophou kyk na hierdie asemrowende kleurskema nie! Bruin en pers is twee baie gewilde kleure, terwyl groen vars en vrolik is. Gebruik wit as jou basiskleur om die kombinasie mooi af te rond en 'n elegante atmosfeer te skep. Blomme wat pragtig sal lyk by hierdie kleurskema sluit tulpe, krismisrose, orgideë en rose in. Kleure: pers, wit, bruin, groen Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Wit, Ligpienk en Silwer { Sprokiesagtig }

As jy 'n sprokiesagtige troue wil hê, is 'n kleurskema van wit, ligpienk en silwer net vir jou bedoel! Hierdie elegante kombinasie is ook ideaal vir 'n lentetroue en sal pragtig werk saam met pêrels. Gebruik wit as jou basiskleur en probeer om nie die pienk te oordoen nie... jy wil nie jou bruidegom ongemaklik laat voel nie! Kleure: wit, pienk, silwer Alle foto's en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.... More

Read More


Page 3 of 1712345...10...Last »

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category