Inspirasieborde

Perske en Blou { Sag + Elegant }

Die sagte perske-kleur en blou in hierdie kombinasie is uniek en romanties. Dit is ideaal vir 'n lente- of vroeë somertroue. Wat lekker is van hierdie kleurskema is dat jy verskillende skakerings en teksture van perske en blou kan gebruik. Dit skep diepte en is baie sag op die oog! Kleure: perske, blou Alle foto's en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.... More

Read More


Geel en Swart { Treffend + Pret }

Die kontras tussen swart en feitlik enige skakering van geel is opvallend- 'n fees vir die oë! Dit sal ook sorg vir pragtige foto’s. Maar as dit nie reg gebruik word nie, kan dit lyk asof ‘n swerm bye tussen jou gaste rondswerf! Gebruik dus baie wit elemente (soos wit tafeldoeke, wit hemde vir die strooijonkers, ens. Die swart en geel sal steeds uitstaan sonder om oorweldigend te wees. Kleure: geel, swart Alle foto's en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.... More

Read More


Wynrooi en Silwer { Feestelik }

Wynrooi en silwer - elegant, klassiek en ideaal vir 'n Kersfees- of wintertroue. Silwer is 'n ongelooflike praktiese kleur en aangesien die meeste venues se eetgerei, kandelare en beligting reeds silwer is, gaan jy die regte atmosfeer kan skep sonder om die bank te breek. Gebruik wynrooi as 'n aksentkleur en wees versigtig om dit nie te oordoen nie. Kleure: wynrooi, silwer Alle foto's en hul bronne is beskikbaar op Pinterest... More

Read More


Groen en Grys { Vars + Modern }

Grys is 'n veelsydige, moderne kleur en uiters populêr hierdie seisoen. Kombineer dit met groen en wit om 'n vars en skoon kombinasie te skep. Enige wit blom sal die kleurskema goed komplimenteer. Groen en grys werk veral goed vir oggendtroues. Alle foto's en hul bronne is beskikbaar op Pinterest... More

Read More


Turkoois, Pers en *Bling*

Een van ons bruide kort idees vir 'n pers en turkoois kleurskema. Sy wil ook graag spieëls en kristalle gebruik in haar dekor. Soos julle kan sien, is pers en turkoois reeds baie sag op die oog! Plaas ronde spieëls en kristal kandelare op die tafels vir 'n prentjiemooi effek. Hou verdere dekor plein en stylvol sodat dit nie die kristal-effek oordonder nie. Kleure: pers, turkoois Alle foto's en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.... More

Read More


Page 10 of 17« First...89101112...Last »

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category