Swart + Blou { Drama, Drama, Drama }

swart-en-blou-troue

Al is dit miskien ‘n ietwat ongewone kleurskema vir ‘n troue, is blou en swart werklik ‘n besonderse kleurkombinasie wat dadelik die aandag en oog gryp. Omdat altwee kleure sterk en dramaties is, is dit wys om ‘n ligter neutral kleur, soos wit, beige of ivoor as basis- of aksentkleur te gebruik om die ambians ‘n veerligte hupstoot te gee.

Bo en behalwe die drama en glans wat met blou en swart gepaardgaan, is dit ‘n hoogs elegante kombinasie wat ideaal is vir ‘n formele aangeleentheid. Om te verseker dat die kleurskema nie te veel handuit ruk nie, hou die volgende wenke en idees in gedagte:

  • Vervang jou tradisionele wit rok met ‘n swart nommertjie – veral ideaal vir bruide wat uitgewas of bleek in wit voel.
  • ‘n Ander alternatief is om die strooimeisies in swart rokkies te klee – swart is immers ‘n kleur wat hulle oor en oor sal kan dra!
  • Trek die kleurskema na die kostafels toe deur, met bestanddele soos kaviar, bloubessies, papawersaadjies en “black beans”, en bedien donker sjokolade bederfies vir nagereg.
  • Sommige bloemiste bied ‘n verskeidenheid swart en blou blomme, soos rose en lelies, wat ‘n diep en dramatiese ambians skep.
  • Al is mens se eerste instink om die bruidegom in ‘n swart pak uit te rus, is donkerblou pakke altyd iets om te aanskou.
  • Versier die venue-mure met vergrootte swart en wit foto’s van julle tweetjies of jul gunsteling rolprentsterre, vir ‘n elegante dog nostalgiese ambians.

Foto Krediet: www.hostessblog.com


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category