Sjokolade en Room { Ryk + Natuurlik }

inspiration-board

Hierdie kleurskema prikkel omtrent die smaakkliere en is boonop fluweelsag op die oog! Sjokolade en room is so ryk in smaak as wit dit in karakter is, en die kombinasie van kleure is eenvoudig stylvol dog steeds aards en organies. As gevolg van die neutral natuur van die kleurskema, kan dit feitlik saam met enige tema werk – van rustiek en ouderwets tot kontemporêr en sjiek.

Hier’s ‘n bietjie inspirasie om die idees in jou brein soos room op te klop:

  • Moedig vir manlief aan om ‘n bruin pak in plaas van ‘n swarte aan te trek, kompleet met ‘n roomkleurige hemp en bykomstighede. So ‘n uitrusting pas veral by ‘n lekker plattelandse- styl opskop.
  • Kies ‘n roomkleurige trourok in plaas van ‘n skitterwitte en dra pêrels en sjokolade-kleurige bykomstighede daarby. Hout juwele is tans groot nuus, so as dit by jou tema pas, eksperimenteer gerus met die natuurlike mooi goedjies.
  • Hou jou grimering natuurlik en kies hoofsaaklik skakerings van sjokolade bruin en goud vir ‘n ryk en smeulende voorkoms.
  • Die eerste gedagte is dalk om die strooimeisies in bruin rokkies te klee, maar as jy ietwat meer modern wil gaan, kies ‘n tweekleurige rokkie met ‘n room bostuk en bruin romp.
  • Interaktiewe buffets is tans hoogmode! Kies dus ‘n sjokolade buffet of fonteintjie as nageregtafel waar gaste met verskillende geure sjokolade en kombinasies kan eksperimenteer. Bedien ‘n verskeidenheid wyne, koffies en vrugte saam met die soetgoed.
  • Na afloop van die onthaal, stuur jou gaste huistoe met ‘n smaaklike sjokolade bruintjie of ‘n boksie vol wit en bruin sjokolade truffels.
  • Maak van natuurlike bruin elemente soos dennebolle, klippies, ruwe hout en takkies gebruik en kombineer dit met sagte roomkleurige blommetjies om ‘n pragtige kontras te skep.
  • Indien jy ‘n wintertroue beplan, bedien koffie or warm sjokolade met room as ‘n verwelkomingsdrankie.
  • Kies ‘n venue met ‘n donkerhoutvloer waarteen die roomkleurige tafeldoeke mooi sal vertoon. ‘n Ander alternatief is om ‘n rustieke skuur as venue te gebruik!

Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category