Rooi & Geel { Lenteprag }

rooi-geel

Oe jitte, ons is omtrent in ‘n vrolike bui vandag! So helder soos díe manjifieke kleurskema is, so helder is die glimlagte wat dit op ‘n ieder en ‘n elk se bakkies laat. Die geheim tot ‘n eenvoudige dog treffende eindproduk is om wit as basiskleur te gebruik en bloot rooi en geel spatsels by te voeg – minder is immers altyd meer.

Om werklik die meeste van die kleurskema te maak, is dit belangrik om alles van die dekor tot die uitrustings lig en vrolik te hou – onthou, in baie kulture word die kleurskema met feesvieringe geassosieer.

Hier is ‘n paar idees wat presies verduidelik wat ons hiermee bedoel:

  • Bedien prettige rooi-geel happies en bederfies soos byvoorbeeld worsrolletjies met tamatiesous en mostert, rooi en geel makrolletjies, en aarbei en suurlemoen kaaskoek.
  • Wat blomme betref, het Moeder Natuurlik ons behoorlik bederf! Speel rond met rooi-geel kombinasies van rose, gerberas, sonneblomme, lelies, madeliefies, gesiggies en peonies, om maar net ‘n paar te noem.
  • Verder kan jy ook geel en rooi vrugte by die dekor inwerk – byvoorbeeld groot bakke bloedrooi aarbeie of appels en goudgeel suurlemoene of piesangs op die tafels.
  • Voeg prettige rooi en geel bykomstighede by die strooimeisies en -jonkers se uitrustings, soos geel sokkies en kruisbande vir die manne en rooi spykerhakke vir die meisies.
  • Beplan die skedule sodat julle die goue uur vang en troufoto’s teen ‘n rooi-geel sonsondergang kry.
  • Versier die venue met feestelike rooi en geel elemente soos ballonne, Chinese lanterns, vlaggies en papierlinte.

  Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category