Díe besonderse kleurskema is eintlik wonderlik gebalanseerd in soveel opsigte – sag sonder om te vroulik te wees vir die bruidegom, kontemporêr tog met ‘n tikkie vintage persoonlikheid, en koel dog karaktervol. Verder kan jy gerus van baie wit gebruik maak sodat gaste nie oorweldig voel wanneer hulle die venue binnetree nie, terwyl grys ook ongelooflik komplementerend is.
‘n Belangrike eienskap van die kleurskema is die veerligte en elegante karakter daarvan – dit wil sê dat alles van die dekor tot die kos gesofistikeerd dog eenvoudig moet wees om so tot die ambians by te dra.
Hier is ‘n paar idees om jou in die regte rigting te stuur:
Skep ‘n gesofistikeerde lila en blou nageregtafel deur dit met ‘n verskeidenheid elegante happies te vul, soos bloubessie en laventel makrolletjies, kolwyntjies en sorbet.
Alle foto’s en hul bronne is op ons Pinterest beskikbaar.