Uit die Boks { Kreatiewe Verpakking }

kreatiewe-verpakking-vir-tr

Daar is darem net iets omtrent ‘n mooi opgemaakte en getooide boks wat min mense kan weerstaan. Die misterie omtrent die inhoud daarvan en die eindelose moontlikhede wat dit jou op ‘n kreatiewe vlak bied is maar net twee van die eienskappe wat boksies (in alle groottes en vorms) ‘n gewaarborgde trekpleister maak.

Kom ons gesels bietjie oor wat jy alles in met ‘n boks kan aanvang en verpak op jou groot dag:

  • Verpak jou gastegeskenkies in piepklein boksies – van tuisgemaakte koekies, fudge en sjokolades tot miniatuur sepies, saadjies en polsruikers.
  • Bedien gebokste peuselhappies by die skemerkelkie, soos springmielies of aartappelskyfies, of wees op die uitkyk vir Chinese wegneemete boksies waarin jy jou voorgereg kan voorsit.
  • Vir ‘n eko-vriendelike geleentheid kan jy gerus ‘n verskeidenheid boksies wat uit herwinde materiale gemaak is gebruik.
  • Gebruik versierde bokse as begrotingsvriendelike houers vir jou blommerangskikkings. Dit is dan so eenvoudig as om die blomme in herwinde glaspotte te rangskik en dan die rangskikking binne-in die bokse te plaas.
  • Bokse kan ook gebruik word om hoogte te verleen op, byvoorbeeld op die buffet of nageregtafel.
  • Maak “foto-kubusse” om die venue mee te versier. Laat druk eenvoudig foto’s op grootskaal uit en plak dit op die onderskye kante van die boks.
  • Hang versierde bokse uit die dak en boomtakke vir ‘n ongewone Alice in Wonderland ambians.
  • Gebruik bokse as deel van die gastevermaak by die skemerkelkie – byvoorbeeld, verander ‘n vierkantige boks in ‘n massiewe dobbelsteen of versier ‘n klompie bokse om soos oorgroot boublokkies te lyk.

Foto Krediet : Pinterest


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category