Geskenkies vir jou gaste { Oulik + Maklik }

Outydse temas vir troues is deesdae baie populêr, want jy kan ʼn elegante atmosfeer skep met ʼn minimale begroting. ʼn Outydse tema gee die bruidspaar ʼn hele paar dekades om van te kies. Gaste-geskenkies vir ‘n antieke tema is baie pret, want daar is ʼn oneindige lys van doen-dit-self idees.


Foto via Love Wed Bliss

Ou geroeste sleutels is die “in”-ding op die oomblik. Heg hulle aan gedrukte naamkaartjies sodat gaste dit na die tyd huis toe kan vat.


Foto via Etsy

Ou konfytbottels kan met potpourri, lekkers of badsout gevul word en met strikkies versier word.


Foto’s via Intimate Weddings

Maak jou eie lekkerruik materiaalsakkies wat in die kas gehang kan word om klere vars te hou. Koekies is ook gewild en kan met vere en linte versier word. Ou foto’s in swart en wit kan in yskas magnete omskep word en sakkies vol springmielies is altyd ʼn wenner as jy ʼn 1960 Hollywood-tema vir jou troue gekies het.


Foto’s via Intimate Weddings

Servette kan ʼn dubbele doel verrig gedurende ʼn elegante troue. Borduur die bruid en bruidegom se name asook die troudatum op die servet en draai die eetgerei daarmee toe. Na die ete kan gaste hulle servette saam vat.


Foto via Pinterest

Miniatuur klappers gevul met allerhande klein geskenkies is pret vir die jong klomp. Dink aan papierpoppe met verskillende ouwêreldse uitrustings vir die meisies en houttolle vir die seuns. Borrels hou ook die kleingoed vir ure besig.


Foto via Etsy

Sny ʼn CD met al die klassieke liedjies wat by jou onthaal gespeel word of gee vir almal briefmessies wat in bruin papier toegedraai word en die paartjie se nuwe adres op het sodat hulle aangemoedig word om in kontak te bly.


Foto’s via Pinterest

Sigare kan op silwer skinkborde aangebied word en die manne wat lus is kan op die balkon of stoep staan en die uitsig saam met sy twakkie geniet. Handwaaiers met antieke motiewe kan vir die dames uitgedeel word op ʼn warm somersdag.


Foto via Kate Aspen Favors

Voeg ʼn tikkie nostalgie by en vul bruin papiersakkies met suigstokkies, jellie-boontjies en pienk pilletjies. Harde pienk en wit lekkergoed met neute in die middel en sjokolade bedekte rosyntjies is ook ʼn ou gunsteling.


Foto via Ellinee

Hoe die geskenkies toegedraai word is die maklikste manier om seker te maak die items pas by die res van die tema. Kyk uit vir antieke liefdesbriefies of soek outydse ontwerpe op die internet wat jy self kan druk en uitsny. Gewone A4 papier kan in ʼn roomys-horinkie vorm gevou word en met blomme, springmielies of selfs konfetti gevul word. Kyk vir ouwêreldse sjerrie-glasies en vul hulle met fudge, wit, bruin of donker sjokolade. Bind ʼn pragtige rooi fluweel strik om en heg ʼn dankie-sê kaartjie aan.


Foto via Pinterest

Onthou die gaste is daar om saam in jou vreugde te deel, so jy hoef nie oorboord te gaan nie. Ietsie klein en sentimenteel sal spesiaal genoeg wees om geliefdes en vriende te bedank vir hulle ondersteuning en om hulle te wys hoeveel jy hulle waardeer.


  • Riaan Roux

    Dit is altyd interessant om te sien watse geskenkies die bruidspaar vir hul gaste gee by troues en iets wat ek baie graag ook afneem. Die idees hier bo is wonderlik! Ek is veral mal oor die sigaar idee en daai klein brode is net te oulik!
    Ek is deur een paartjie genader wat ‘n voor-troue foto sessie laat doen het wat hul op gedrukte CD’s ook vir gaste gegee het. Met drukwerk en oulike koevert het elke CD hul maar R12 uitgewerk.

  • Danelle Mulder

    Goeie Dag

    Ek wil net graag uitvind waar kan n mens sigare koop vir geskenkies vir die manne.

    Baie Dankie

  • Frieda

    Haai, sigare is ‘n oulike geskenk! Dankie Danelle :)

  • Ronel de Vos

    Mal hieroor

  • salmari

    Die hand waaiers is oulik veral as jy in die somer in die Karoo trou :)

  • mariska

    Hi,ek het nounet na die mini loave idee gekyk,is dit n trou geskenkie vir die gaste of is dit n voorgereg?wat as jy alreeds n voorgereg het wat in gesluit is op jou menu?ek is opsoek na oulike maklike goedkoop geskenkie idees vir my gaste vir troue.my tema is poue??

  • http://koija321@gmail.com Wilmajordaan

    Oe! als is so mooi. Ek is opsoek na die goedjies waarmee die borsspeldjies wat op die kaartjies is, gemaak is. Ons het die kamee -tjies ,maar kry nerens daardie houertjies waarin dit pas nie.

    KAN JY DALK HELP??/ Ek sal bly wees as jy dalk vir my n verskaffer se naam kan gee.

    Baie dankie vir jou hulp.
    Groete

    Wilma Jordaan van Oudtshoorn

  • liezl

    Ek en my geliefde trou volgende jaar Oktober. Ek het nie geweet wat om te doen waar om te begin nie. Dankie vir julle wonderlike raad en pragtige idees! Ek voel nou sommer baie meer postief oor ons spesiale dag!

  • euwette

    BAIE,BAIE DANKIE!!!!!!!!!!!!!!Trouinspirasie het my die mooiste idees gegee vir die mooiste dag in my lewe .EK IS JUL EWIG DANKBAAR EN SAL JUL NOOIT VERGEET.DIE GESKENKIES(ZAM BUC),DIE LEKKERTAFEL,SWARTBORDE ROSETTE,PHOTOBOOTH,GENGA GAME,ENS. DIT WAS GREAT!!!!!!!!!!!!!NOGMAALS DANKIE

  • annette leroux

    Soek verskaffers in pretoria vir geskenkies vir gaste.

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category