Geheue Stokkies { Moderne Geskenkies }

geheue-stokkies-usb-troue

Dit was seker net ‘n kwessie van tyd voor selfs die klein dingetjies soos gastegeskenkies met die digitale era opgevang het! Deesdae kom geheue stokkies in allerhande groottes, vorme en kleure voor – letterlik! Om die waarheid te sê, as jy nie kan kry waarna jy soek nie, het jy selfs die opsie om dit volgens jou eie unieke spesifikasies te laat maak
Wat geheue stokkies so fantasties maak is die feit dat dit nie “verlore” sal gaan nie – selfs al word die inhoud uitgewis, sal die stokkie nooit op ‘n gas se rak gaan lê en stof opgaar nie.

Hier is ‘n paar wenke en idees om jou troue ‘n digital hupstoot te gee:

  • Laat grafeer jul voorletters en troudatum op die geheue stokkie of, selfs beter, elke individuele gas se naam sodat dit sommer ook as naamkaartjie kan dien.
  • Kies ‘n geheue stokkie wat by die kleurskema van die troudag pas.
  • Laai jul gunsteling romantiese liedjies of die musieklys (“playlist”) van die troudag op die geheuestokkie sodat gaste by die huis daarna kan luister en so die groot dag herleef.
  • Bind ‘n notatjie aan die stokkie vas met ‘n boodskap wat sê “musiek vir die langpad huistoe” of so iets.
  • For ‘n meer kontemporêre en stylvolle troue, kies ‘n metal stokkie in ‘n kleur of afwerking van jou keuse.
  • Vir ‘n ietwat meer rustieke en aardse geleentheid, oorweeg ‘n hout geheue stokkie.
  • Verras gaste ‘n paar maande na die troue met ‘n geheue stokkie propvol troufoto’s en ‘n dankie-sê briefie.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category