Babbelas Benodigdhede { “Noodhulp” Tassie }

babbelas-benodigdhede

‘n Babbelas in die môre is ‘n teken van ‘n goeie partytjie, oftewel troue, die aand tevore – of so sê die kenners! Wees dus ‘n goeie vriend en vriendin vir jul gaste en bederf hulle met babbelas-tassies om hulle deur hierdie “moeilike tyd” te help – hier is ‘n paar idees vir wat in die tassies gepak kan word:

  • Kopseerpille, en maak seker dis die sterk soort!
  • ‘n Klein botteltjie water om die pille mee af te sluk.
  • ‘n Slaap-maskertjie om die son vroegoggend uit die oë te hou.
  • Kougom, ‘n mini botteltjie mondspoelmiddel of peppermentjies om die asem vars te laat.
  • Oorproppies vir ‘n lang en rustige aand se slaap.
  • Lipbalsem om die gekraakte babbelas lippe reg te sien.
  • ‘n Klein yspakkie vir die klop in die kop!
  • ‘n Energiedrankie om die klomp aan die gang te kry.
  • ‘n Vullende ontbyt- of energiestafie.
  • ‘n Pakkie koffie of ‘n paar verfrissende teesakkies.
  • ‘n Pleister of twee vir in geval die vorige aand se mannewales ‘n merk gelaat het.
  • ‘n Papiersakke, sou die naarheid toeslaan en die badkamer net ‘n bietjie te ver wees. (‘n Ander alternatief is om al die ditjies en datjies in ‘n emmertjie te pak wat dus dieselfde doel as die sakkie dien.)
  • Dalk ‘n paar sonbrille, indien die troubegroting dit toelaat.

As ‘n bonus ekstra: Indien meeste van jul gaste in dieselfde hotel of gastehuis oorslaap, sluit gerus ‘n geskenkbewys vir ‘n glas tamatiesap of ‘n sterk koppie koffie in.

Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest.


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category