Maak ‘n Bottel Vonkelwyn met ‘n Swaard Oop

Slaan jou gaste se asems weg deur ‘n bottel sjampanje (of vonkelwyn) met ‘n swaard oop te maak. Die feesseisoen is mos die ideale tyd om hierdie toertjie te oefen!

  1. Neem ‘n bottel verkoelde vonkelwyn wat NIE onlangs geskud is nie. Die beste sal wees om ‘n bottel te gebruik wat oornag in die yskas gestoor was. Party kenners raai jou aan om die nek van die bottel in ‘n ysbak te verkoel voor jy dit oopmaak.

  1. Vee enige vog op die bottel af met ‘n lappie of servet. Verwyder die foelie en die draad om die bottel se prop.

  1. Vind een van die bottel se nate. Dit is waar die twee helftes van die bottel bymekaar kom.

  1. Hou die bottel stewig vas teen 30 tot 45 grade in ‘n opwaartse rigting. Maak seker die bottel wys in ‘n veilige rigting!

  1. Plaas die swaard teen die bottel. Plaas die agterkant van die swaard (die stomp kant) in die rigting van die prop, soos die foto’s aanwys. Beweeg die swaard na die onderkant van die nek, maar hou dit steeds plat teen die bottel.

  1. Laat die swaard stadig en liggies teen die bottelnek in die rigting van die prop gly. Dit is net sodat jy ‘n gevoel kan kry vir die beweging wat jy gaan uitvoer. Beweeg liggies heen en weer totdat jy gemaklik die swaard so teen die bottel kan beweeg.

  1. Laat die swaard vinnig en ferm teen die vertikale naat in die rigting van die prop afgly. Dit moet een ferm, deurlopende beweging wees. Swak, onsekere probeerslae gaan nie werk nie. Met die regte hoeveelheid druk en ‘n lem wat plat op die naat lĂȘ, sal die lip van die bottel (die klein glasringetjie) met die prop daarin skoon afbreek, soos in die foto.

Vir ekstra wenke en ‘n demonstrasie, gaan kyk hierdie video op Youtube.

Bron: WikiHow


  • Elaine

    baie oorspronklik

Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category