Kruiepotjies { Handgemaakte Geskenkies }

kruiepotte06

Ons het onlangs op hierdie oulike doen-dit-self projekkie af gekom. Span gerus vir manlief en die hele gevolg in om jou met die handgemaakte gastegeskenkies te help:

kruiepotte01

Benodighede:

  • Klein kleipotjies (terracotta)
  • Spuitverf in ‘n kleur van jou keuse
  • Maskeerband (van enige dikte)
  • Goiing-tou of lint
  • Papier-etikette
  • ‘n Skêr
  • Koerantpapier om op te werk
  • Kruie van jou keuse – julle kombuis-gunstelinge of die kruie wat vir die hoofgereg by die troue gebruik gaan word.
  • Tuingrond, indien jy ekstra nodig het

kruiepotte02

kruiepotte03

kruiepotte04

So maak ‘n mens:

  1. Gebruik die maskeerband om patrone op die kleipotjies te plak – bedek dus die areas wat jy nie geverf wil hê nie. Jy kan gerus rondspeel met verskillende patrone, sommerso vir ‘n ekstra tikkie interessantheid.
  2. Vat die botteltjie spuitverf en bedek die potjies met ‘n baie dun lagie verf. Moenie bekommerd wees as die klei plek-plek deurskyn of as jy ‘n kolletjie gemis het nie – jy kan dit met die volgende laag bedek.
  3. Wend soveel lae verf aan soos wat jy goed dink, maar onthou om die potjies vir ‘n halfuur tot ‘n uur te laat staan na elke laag sodat die verf behoorlik kan droog word.
  4. Sodra die laaste laag verf krukdroog is, trek die maskeerband versigtig af.
  5. Dop nou die kruieplantjies uit hul bestaande houertjies en verplaas dit na jou nuwe versierde kleipotjies. Vul die potjies tot bo met die ekstra tuingrond.
  6. Gebruik die goiing-tou of lint om ‘n papieretiket om elke potplanthouertjie vas te bind, waarop jy dan ‘n briefie of jou gas se naam kan skryf.

kruiepotte05

Bron: The Sweetest Occasion


Advertensies

Search Our Blog

Browse by Category